Huis E kuier in Gansbaai

Huis E kuier in Gansbaai

Gansbaai Courant

 “Onlangs was dit die dogters van Huis E in Robertson se beurt om Gansbaai te besoek,” vertel Lukas en Stienie Geldenhuys. “Hulle is reguit na Panorama waar hulle die naweek in tente tuisgegaan het.”

Amelia du Toit van Roodepoort het aan elke kind 'n pakkie met klere, grimering en toiletware gepos, waaroor groot opgewondenheid geheers het. Daarna het Lukas oor “Die liggaam is 'n tempel van die Heilige Gees” met hulle gesels. Saterdagoggend het nog ‘n verrassing op hulle gewag: Fondse is voorgeskiet sodat elkeen van hulle klere na eie keuse by Pep Stores kon gaan koop, waarna die Wimpy se roomys op hulle gewag het. “Die staptog teen die berg uit het ook vir groot opwinding gesorg en vele vrae oor die natuur- en dierelewe is gevra,” vertel Stienie. Sy sê met die terugkeer het hulle hul eie stompe en fynhout vir die kampvuur saamgedra (en gesleep!).

Daarna was “chips” en “hamburgers” aan die beurt. Later die dag was daar nog ‘n hoogtepunt: ‘n bootrit op Supreme Shark Diving se boot om na haaie te kyk, wat hulle gelukkig baie van gesien het. Terug by die kampterrein het ds Dennis Naidoo ‘n boodskap gelewer, waarna vleis gebraai is en nog pakkies uitgedeel is wat deur George geskenk is. Sondag is die Erediens in die NG Kerk bygewoon, met Zelda wat hul opregte waardering vir al die ondersteuning aan die gemeente oorgedra het.

Daarna is Albert en Marie Potgieter se Feetjietuin besoek en na middagete was dit weer oppak ná nog ‘n opwindende naweek in Gansbaai, met lekkergoedpakkies van Adleen wat uitgedeel is.

Stienie hou graag die volgende bedankings voor: Panorama Restaurant (Hencia Lourens, Christo, Jessica & Hannes) wat die naweek geborg het; Amelia du Toit van Roodepoort (geskenkpakkies); Christa van B’Blondes (pizzas); Ds Dennis Naidoo (boodskap); Ferdie van Supreme Shark Diving; Kekkel en Kraai (hoender); Lukas (hulp, braai en berguitstappie); Marie & Johan (bystand); Marie Potgieter (feetjietuin, "muffins" & koeldrank); Sue & Christelle (hulp met klere koop); Susan en Dries van Heerden en Adleen Swart van Hermanus; Wimpy (afslag op roomys).

Hardus Botha

Huis E kuier in Gansbaai

Hardus Botha

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant