Gansbaai Courant

Blog: Huldeblyk aan Gerda Wessels

Published: 16 April 2015
By:Rdl Riana de Coning

As ek aan hierdie besonderse vrou dink, kom Spreuke 31 by my op: “As sy praat, is dit met wysheid; As sy leiding gee, is dit met liefde. Haar kinders is trots op haar en haar man bewonder haar.”

Ek het onlangs die volgende woorde iewers gelees en wil dit graag aan haar opdra: “Gedien en Gegee - Haar hande het weerspieël die juwele wat sy in haar skatkamer van haar hart gedra het: Goedheid, geduld, nederigheid en die allerbeste: Liefde vir haar medemens. In haar oë het geloof en hoop geleef, want haar knieë het die pad van laagbuig geken. ‘n Godvresende vrou, altyd biddend, was sy geseënd omdat sy geweet het hoe afhanklik sy van God was.” Daar het ‘n groot seder in ons gemeenskap geval en sy sal gemis word. Innige simpatie aan haar man, kinders, kleinkinders, naasbestaandes, vriende en kennisse.

Rdl Riana de Coning (Wyk 2, Overstrand) 

Recent Posts

DAFF konfiskeer 2 ru...
Published: 04 August 2017
By: Gansbaai Courant

Na aanleiding van die gereelde klagtes rakende per...

A huge welcome to ou...
Published: 04 August 2017
By: Gansbaai Courant

The Mammal Research Institute Whale Unit conducted...

James Roux se dood '...
Published: 04 August 2017
By: Gansbaai Courant

‘n Bekende eiendomsagent James Roux van Gans...

Hulle stap vir verlo...
Published: 04 August 2017
By: Gansbaai Courant

Twee ware Dapper Stappers, Tommy Beeslaar (48) en ...