Ontmoeting met Heiliges bekroon

Ontmoeting met Heiliges bekroon

Gansbaai Courant

Die Desmond Tutu-Gerrit Brandprys, wat deel vorm van die jaarlikse belangrike Andrew Murray toekennings  vir die bevordering van die Christelike boek, is so pas aan dr Lisel Joubert vir haar boek Ontmoeting met Heiliges toegeken. Daar word spesifieke melding gemaak van haar deeglike navorsing en die vermoë om die materiaal bevatlik aan te bied.

Die Desmond Tutu-Gerrit Brand-prys is hierdie jaar vir die eerste keer toegeken. Dit is bedoel vir opkomende/debuutskrywers van publikasies met 'n Christelike inhoud in 'n amptelike taal van Suid-Afrika.

“Hier het jy nou ’n skatkis in jou hande! 58 stories oor mense wat ’n besondere begrip van die evangelie weerkaats. Ontmoeting met Heiliges stel die leser voor aan ’n wye verskeidenheid gelowiges, oor die eeue heen en uit alle Christelike tradisies. Innemende stories bring jou van aangesig tot aangesig met die persoon agter die verhaal, aangesien die skrywer nie die sogenaamde heiliges verheerlik nie, maar eerder beskryf as gewone mense met gewone menslike eienskappe. Hierdie boek sal jou wortels in die breedte en rykdom van die Christelike tradisie verdiep.”

~ Willem Nicol

“Deur die verhale van vroue en mans wat deur die eeue na aan God geleef het, oor te vertel, verbreed en verdiep Lisel Joubert haar lesers se perspektief op die onuitputlike rykdom van die Christelike erfenis. Terwyl heiligheid verrassende nuwe, alledaagse gestaltes aanneem, help die boek lesers om ’n taal van hoop en vreugde te vind waarmee ook húlle verhale beskryf kan word. ’n Nugter en ryk geskakeerde bydrae tot geloofsvorming – ek kan nie wag om dit met studente te deel nie!”

~ Elna Mouton, professor in Nuwe Testament en voormalige dekaan, Fakulteit Teologie, US.

Lisel Joubert is ’n teoloog en vryskut­predikant in die NG Kerk. Sy het ’n doktors­graad in Ou Testament verwerf. Haar passie is om mense te leer hoe om die Bybel beter te verstaan en om hulle bekend te stel aan die ryk geskiedenis van die Christelike tradisie. Sy is betrokke by teologiese afstandsonderrig, veral in die dissipline van Kerkgeskiedenis. Lisel woon Gansbaai saam met haar man en twee kinders.

Die oorhandiging van die verskillende pryse vind op Vrydagaand, 29 Mei 2015, in die Gemeentesaal van die Groote Kerk, Kloofstraat, Kaapstad, plaas. Die oorhandiging vorm deel van die Groote Kerk se 350ste verjaarsdagherdenking - die oudste gemeente in die land. Die Sondagoggend se diens sal ook by die pryse aansluit.  

ONTMOETING MET HEILIGES is uitgegee deur NALEDI en is landswyd in boekwinkels asook op e-boek beskikbaar. Dit kan direk bestel word by: http://naledibooks.co.za/books/ontmoeting-met-heiliges/.  

Vir meer inligting oor Ontmoeting met Heiliges kontak Marinda van Naledi by marindameyer@naledibooks.co.za

of 083 236 9788. Die skrywer kan bereik word by:l isel@kingsley.co.za of 082 355 5689

Ontmoeting met Heiliges bekroon

Naledi

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant