Veerpyltjies weer op dreef

Veerpyltjies weer op dreef

Gansbaai Courant

 “Ek het ‘n daadwerklike poging aangewend om Gansbaai se Veerpyltjieklub weer op dreef te kry,” vertel Boetie (Gilbert) Hart.

“Hierdie eerste toernooi is ter nagedagtenis aan Allen Greef wat die klub vir jare aan die gang gehou het.” Die klubbestuur het ook ‘n spesiale “Allen Greeff Wisseltrofee” laat maak en hulle beoog om elke jaar hierdie tyd ‘n toernooi ter nagedagtenis aan Allen te reël. Die spanne wat verlede Sondag met die Allen Greeff Kompetisie teen mekaar in aksie was, is van Gansbaai, Ceres, Bredasdorp, Helderstroom en Caledon.

Die eerste drie spanne wat as wenners uit die stryd getree het, is 1ste Caledon B, wat die Allen Greeff Wisseltrofee ingepalm het, met 2de Bredasdorp A en 3de Caledon A. Die bestuurslede en kapteins van elke dorp bestaan uit Boetie Hart (Gansbaai), Lindly (Caledon), Wayne (Helderstroom), Marc (Bredasdorp) en DC Lourens (Ceres, maar ook Gansbaaier). Gansbaai het net drie spelers gehad: Boetie Hart (kaptein), Vaatjie en DC Lourens. “Ek voel baie tevrede met ons eerste toernooi en sien daarna uit om seker te maak ons kry die Veerpyltjieklub weer deeglik op die been,” sê Boetie.  

Vir navrae kan hy by 083-312-4533 gekontak word.

Hardus Botha

Veerpyltjies weer op dreef

Hardus Botha

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant