Noodlottige bootrit vir 72 jarige

Noodlottige bootrit vir 72 jarige

Gansbaai Courant

‘n 72-jarige man, Bertus Smit, ‘n afgetrede Stadsklerk van Firnwood Estate, Somerset-Wes het tragies omgekom nadat die rubberboot waarmee hy en sy vriend verlede Vrydag by Buffeljachts uit was, omgeslaan het. Bertus het as ‘n ervare skipper, wat die see ken, bekendgestaan en was ook goed bekend met die Buffeljachts omgewing. Die boot het met hulle terugkeer omgeslaan en daar is allerweë aanvaar dat hy verdrink het. “Volgens die inligting wat Craig Lambinon van die Nasionale Seereddings Institute aan my verskaf het, is dit meer waarskynlik dat my vader aan ‘n ernstige besering gesterf het,” sê sy oudste dogter, Gerna. “Alle aanduidings is daar dat hy erge beserings moes opgedoen het wat tot sy dood gelei het, aangesien hy dadelik gedryf het nadat die boot omgeslaan het.” Sy huisvriend, Willem Snyman (64) van Stellenberg wat die tragedie oorleef het, het verbete om sy lewe geveg. Gerna sê Willem se skouer is ontwrig, waarna dit in Hermanus hospitaal onder operasie herstel is. Hy is reeds uit die hospitaal ontslaan. Volgens NSRI se woordvoerder, Craig Lambinon, was hulle om 15:25 slaggereed vir die reddingsaksie nadat hulle deur Bredasdorp SAPD in kennis gestel is. AO Kruger van Bredasdorp het intussen die insident aan Gansbaai Courant bevestig. NSRI Hermanus het met hulle seereddingsboot, Le Jenmar II en hulle AMS/EMS Skymed reddingshelikopter saam met die SAPD, Overstrand Medical Response en die WC Government EMS na die toneel gehaas.  

Drie Birkenhead Boothengelklublede, Danie Fourie, JP Uys en Ben Uys, met nog 2 bemanningslede, was met Ben se boot, Oupa, in die omgewing en op pad kant toe. “’n Man het nader gehardloop en geskree dat ‘n boot omgeslaan het,” het Danie gesê. Skipper Ben Uys het 3 bemanningslede afgelaai en hy en Koos Groenewald is terug na die omgeslane boot. Ben se boot was egter te swak vir die golwe en hy kon nie naby genoeg kom om die boot op sleeptou te neem nie. ‘n Meer kragtiger boot het nader gekom wat die boot op sleeptou kon neem. JP het tot halflyf die water ingestap na die oorlewende wat aan ‘n rots vasgeklou het en hom gehelp om uit te kom. “Al wat ek kan onthou is dat die oom aanhoudend gesê het: ‘My vriend, my vriend!’,” het JP gesê. Riaan Buys van Overstrand Medical Response sê hy en Chantell Colyn is om 15:00 van die omgeslane rubberboot in kennis gestel. “Met ons aankoms daar het ons een persoon vir ‘n ontwrigte skouer en ‘hypo thermia’ behandel”, sê Riaan. “Die tweede persoon was vermis.” Riaan sê hulle het ‘n groen olie-hengelpak opgemerk wat in die water sowat 20m vanaf die rotse gedryf het. Kobus van der Merwe het op die rotse gaan staan en gesien dat dit die lewelose liggaam van die tweede persoon was wat met sy gesig na onder op die water dryf en NSRI het die liggaam uitgehaal. Nadat hulle Bertus se liggaam kant toe gebring is, is hy as dood verklaar en sy liggaam is aan Forensiese Patologiese Dienste oorhandig. Wyle Bertus was alombekend en laat sy eggenote, Alta, 2 dogters, Gerna (Gauteng) en Marlette (Oxford, Engeland), 2 skoonseuns en 4 kleinkinders agter. ‘n Roudiens sal op Vrydag, 8 Mei 2015 om 10:30 in die AGS Strandgemeente in Jenningsstraat, Strand gehou word.

Hardus Botha

Noodlottige bootrit vir 72 jarige

Hardus Botha

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant