Skelm teer sy pad terug selle toe
‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...
Callie Lotz van Perlemoenbaai vertel van ‘n nagmerrie-ondervinding wat sy kleinkinders in Centurion, Pretoria oorgekom het. Die drie is Leo (10), Vince (6) en Juliette (2) en hulle ouers is Tinus en Janine Lotz.
Die kinders was tuis saam met die gesin se kinderoppasser, Veronica Hlopulusa toe Vince honger raak en kombuis toe gaan vir iets om te eet. Daar loop hy hom toe vas in ‘n onbekende man en begin dadelik om hulp roep. Veronica het paniekbevange die huis ingestorm en die man gesien. Sy het Vince gegryp, verby die man gehardloop en nadat sy Juliette ook gegryp het, by die huis uitgehardloop. Intussen het Leo homself in sy kamer toegesluit. In die tuin het Veronica besef Leo is nog in sy kamer en vir hom geskree om te probeer uitkom. Leo het vinnig gedink en die kamervenster oopgeskop en uitgespring, maar nie sonder dat sy been ernstig beseer is met ‘n deel van die spiere wat uitgeskeur is.
Veronica en die drie kinders het oor die heining gespring, vanwaar sy Janine geskakel het. Die foon het uitgesny en ‘n angsbevange Janine het huis toe gejaag, terwyl sy die Gemeenskaps Polisiëringsforum (GPF) geskakel het om te gaan kyk wat is aan die gang. Dit was toe twee mans wat probeer inbreek het, maar met die GPF-manne en die sekuriteitsfirmas se aankoms het hulle op die vlug geslaan. Leo is hospitaal toe geneem waar hy steke moes kry vir die wond aan sy been. Janine vertel dat die GPF van Centurion ‘n Sertifikaat van Braafheid aan Veronica en elke kind oorhandig het. “Hierdie mooi gebaar het my twee seuns se gemoedere goed gedoen en veral toe die gebeure as ‘n artikel in die Centurion Rekord geplaas is, het hulle baie braaf gevoel en die groot skrik het effens verdwyn,” vertel Janine.
Hardus Botha
Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read More‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...
Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.
‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...
Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...
39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.
Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...