Birkenheaders se Cowboys en Cowgirls

Birkenheaders se Cowboys en Cowgirls

Gansbaai Courant

Die Birkenhead Boothengelklub se onlangse en gewilde maandeindfunksie het spoggerig met ‘n klompie Cowboys en Cowgirls afgeloop. Die tema vir die aand was “Country en Western” en etlike lede en gaste het behoorlik “uitgehang”.

Die ete het uit egte hamburgers, chips en sop bestaan, met “brandy balls” vir nagereg. Met die nuwe beleid van funksie-reëlings, is dié aand deur klublede Steve en Margi Muller gereël. “Ons het onder 6 stoele ‘n ‘dot’ geplak en almal moes op ‘n stadium onder hulle stoele kyk,” vertel Margi. “Die ses stoele met ‘dots’ daaronder het elk ‘n cowboy-hoed gewen.”

Die aand is allerweë as baie gesellig en as ‘n groot sukses beskou, met Raymond Rabe se Musiekfabriek wat die “Country en Western” voete behoorlik laat jeuk het. “Indien die krag sou afgaan, wat wel voorspel was maar nie gerealiseer het nie, sou ons maar Cowboys en Crooks gespeel het, aangesien elke tafel ook ‘n ‘gun’ of twee met ‘hand cuffs’ gehad het,” vertel Margi."Ek en Steve dra graag ons opregte waardering oor teenoor al die komiteelede wat gehelp het om ‘n groot sukses van die aand te maak.”

Die volgende funksie is op 6 Junie, met die skippersvoorligtingsessie die voorafgaande Vrydagaand.

Vir klub- en/of funksienavrae kan Philip Fourie by 082-747-3634 geskakel word, of skakel vir Johan Wiese by 084-680-1269. Vir boothengelkompetisie-navrae kan Johan Burmeister by 082-895-7647 gekontak word. (Foto's deur Thys Fourie)

Hardus Botha

Birkenheaders se Cowboys en Cowgirls

Hardus Botha

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant