Two Oceans Loopbaandag

Two Oceans Loopbaandag

Gansbaai Courant

Op Vrydag 15 Mei 2015 is Gansbaai Academia deur die Two Oceans Aquarium besoek om loopbaan moontlikhede ten toon te stel. (Gansbaai Academia bied dalk Maritieme Wetenskap (Marine Sciences ) aan). Die span het opgedaag met ‘n “mobiele aquarium”. Die kurrikulumhoof van die distrik, Jenny Bridgeman, het ook die dag bygewoon. Leerders is aan see-organismes blootgestel en het gekyk en gevoel aan die seediertjies. 

Die inligtingsessie is deur Thabo Sebeko aangebied. Die hoof van Onderwys in Maritieme Wetenskappe (Marine Sciences) by die Two Oceans Aquarium,  Russell Stevens het persoonlik uitgekom om die dag by te woon. Saam met hom was ook Anzio Abels. ‘n Maritime Wetenskap klub gaan gestig word ( en die belangstelling onder die graad 9’s is enorm) waar ‘n gekose groep leerders een maal ‘n week deur die akwarium se personeel onderrig gaan word in onder andere seelewe en organismes.

Tans is daar gesprekvoering en ‘n sterk moontlikheid dat in 2016 of 2017 met Maritime Studies of een van die volgende vakke Oseanografie, Maritime Ekonomie en Nautical Wetenskappe by die skool begin gaan word. Die prinsipaal, mnr  Tommy Wilson, was reeds twee weke gelede genooi na samesprekings met Russel Stevens en tersiêre inrigtings soos Universiteite van Kaapstad, Stellenbosch, UWK en KPUT vir ‘n voorneme om ‘n kurrikulum saam te stel.

Gansbaai Academia mag dalk die hele Whale Coast area met hierdie vakke bedien. Nie net word dit gesien as ‘n makliker pad na die vloot nie, maar kan Academia leerders universiteite toe stuur  om in hierdie vakke te spesialiseer. Daar is alreeds hoë vlak samesprekings.

Liezel Mostert

Two Oceans Loopbaandag

Liezel Mostert

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant