Skelm teer sy pad terug selle toe
‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...
Die Kankervereniging van SA (KANSA) het hul Mansgesondheid-veldtog van stapel gestuur om ‘n groter bewustheid van prostaat- en testikulêrekanker onder mans te skep, by wyse van opvoedkundige veldtogte wat selfondersoek en vroeë opsporing beklemtoon.
Prostaatkanker is die algemeenste kanker onder Suid-Afrikaanse mans, behalwe velkanker en vroeë opsporing verhoog die kanse vir doeltreffende behandeling, aansienlik.
Vanaf ouderdom 50 behoort elke man jaarliks ‘n digitale rektale ondersoek te ondergaan, wat ‘n vinnige en maklike prosedure is. Die Prostaat Spesifieke Antigeen (PSA) toets is op sy beurt weer ‘n bloedtoets wat die PSA-vlakke meet. (PSA is ‘n proteien wat deur prostaatselle vervaardig word). Hoë PSA-vlakke gee ‘n aanduiding van waarskynlike abnoramaliteite in die prostaatklier. Mans met hoë PSA-vlakke word aangeraai om vir verdere mediese ondersoeke te gaan.
Vroeë waarskuwingstekens van prostaatkanker is moeilike urinering, moeite om te begin urineer en te stop, en ‘n behoefte om gereeld te urineer – veral in die nag. Die gewas wat op die uretra druk en die urienvloei affekteer of blokkeer, veroorsaak gewoonlik hierdie simptome.
Latere simptome in gevorderde kanker sluit in bloed in die urien, ‘n pynlike of brandgevoel tydens urinering, en enige van voorgenoemde simptome, gekombineer met pyn in die lae rug, bobene of bekken-area. Aanhoudende pyn wat nie verklaar kan word nie, verdien altyd mediese aandag.
Prostaatkanker ontwikkel gewoonlik stadig en progressief, en sal in ‘n begin stadium geen simptome toon nie. Die gewas kan met veiligheid verwyder of behandel word, solank dit nie te groot geword het nie. Die kankeragtige prostaat kan ook heeltemal verwyder word deur ‘n operasie of radikale prostatektomie, met weinig newe-effekte oor die lang termyn. Vir baie mans is bestraling ‘n geskikte opsie. As dit nie behandel word nie, kan die kankeragtige selle in die prostaat na ander dele van die liggaam versprei.
Om jou risiko te verlaag, gaan ná ouderdom 50 elke jaar vir opsporingstoetse, volg ‘n dieet wat min vet en diereproteïen insluit, en as daar ‘n familiegeskiedenis van die siekte is, is dit raadsaam om vanaf ouderdom 40 gereeld toetse te ondergaan.
Gedurende Junie en Julie 2015 bied KANSA in samewerking met Pathcare PSA bloedtoetse teen ‘n spesiale tarief van R100 aan. Die plaaslike praktisyne ondersteun ook die veldtog, deur geen fooie te vra vir die trek van die bloed nie. Afsprake moet net vooraf by Dr Marina Barnard, 0283843840, en vennote se spreekkamers gemaak word en R100 kontant moet met die afspraak betaal word. Bloedtoetse kan ook by Pathcare gedoen word. Verdere navrae kan gerig word aan Elnette du Toit by die Kansa kantoor by 028 3163678.
Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read More‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...
Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.
‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...
Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...
39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.
Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...