Gansbaai Courant

Saliger

Saliger

Gansbaai Courant

Amalia Abrieu is ’n siniese aanklaer met ’n sterk sin vir geregtigheid. Sy spesialiseer in die vervolging van kinderverkragters. Sy weet die stelsel werk nie soos dit moet nie, maar sy probeer haar bes, al is dit moeilik. Haar beste, en enigste vriend, én minnaar is Hendrik, ’n oud-soldaat wat self as gevolg van dade uit sy verlede ’n draai by die Waarheids- en Versoeningskommissie gemaak het.

Een aand, na nóg ’n dag van, wat Amalia beskou as ongeregtighede in die hof, maak sy ’n onbesonne uitlating teenoor Hendrik. Skielik begin die verdagtes wie se sake sy in die hof hanteer, sterf. Amalia is geskok. Is Hendrik ’n moordenaar?

Terselfdertyd tref ’n tragedie ’n geliefde predikant in die klein dorpie. Die pastorie, met die dominee se vrou en kinders binne-in, brand af. Die vrou en kinders oorleef egter die brand en die dorp span saam om die gesin te help. Selfs Amalia gaan uit haar pad om die gesin, en in die besonder die predikant self, ter wille te wees.

Alles is egter nie soos dit op die oog af lyk nie. Dit blyk dat daar sinistere motiewe agter die brand sit, en met verdrag kom Amalia agter dat goed nie noodwendig goed is nie, en sleg nie noodwendig sleg nie, veral nie op klein dorpies nie.

Saliger is ’n roman wat handel oor goeie mense wat slegte dinge doen, en slegte mense wat goeie dinge doen, en hoe maklik dit is om die een met die ander te verwar. Wat meer is, die leser is tot op die einde vasgenael om te sien wie is goed of wie is nie.

Breytenbach het wyd gelees en haar vermoë om die leser te laat wonder is merkwaardig.

Dibi Breytenbach het eerstehandse kennis oor hóé die stelsel sy jong slagoffertjies hanteer. Hoewel daar baie hartseer en tragedie te vinde is in hierdie omgewing, verstom die kinders haar altyd met hulle deursettingsvermoë en vergewensgesindheid.

Saliger is ’n debuutroman wat afspeel teen die agtergrond van misdaad en vergelding, straf en vergifnis – die milieu waarin Dibi haar elke dag bevind. Mense wat lief is vir boeke soos Anchien Troskie se Dis ek, Anna en Die Staat teen Anna Bruwer sal dié boek geniet. Amalia Abrieu se dilemma is ook baie soortgelyk aan Thys Krige s’n in Waar boosheid broei en Plasenta. Wat Dibi Breytenbach egter regkry, is om die leser al hoe meer by die morele kwessies te betrek. Natuurlik is vergelding verkeerd, maar moet Amelia regtig altyd die regte ding doen?   Lees maar self en vind uit!

Saliger

Gansbaai Courant

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant