Tennisnuus (9 July 2015)

Tennisnuus (9 July 2015)

Gansbaai Courant

Op Saterdag, 27 Junie, het 34 tennisspelers bymekaargekom vir ons jaarlikse Ope Tennisdag.

Dit is 'n gemengde rondomtalie tennistoernooi. Daar was spelers van Moorreesburg, Breërivier, Worcester, Strand, Bellville, Caledon, Botrivier, Struisbaai, Bredasdorp, Swellendam, Bonnievale, Hermanus en natuurlik Gansbaai. Hierdie toernooi is vir jare gehou in Desember, maar die wind het gereeld die gehalte van die tennis belemmer en daarom is verlede jaar besluit om dit te skuif na die Junie-vakansie. Dit was 'n goeie besluit, want die weer was besonder goed - geen wind, nie te warm nie en ook nie te koud nie - ideaal vir lekker tennis. 

Die kompetisie was vanjaar besonder sterk, veral onder die A-groep se mans. Die wenners was soos volg: 

A-groep: Mans - 1 Philip van den Heever (Struisbaai), 2 Charles Robinson (Caledon); Dames - 1 Emci Dippenaar (Moorreesburg), 2 Sandra Henrico (Swellendam). 

B-groep: Mans - 1 Flip van den Heever (Struisbaai), John Morgan (Worcester); Dames - 1 Celia van Blerk (Botrivier), 2 Elmarie Swart (Swellindam). Baie geluk aan die wenners.

Baie geluk ook aan Wilma Steenkamp en Eddie Botha wat die "shark cage diving"-kaartjies gewen het.

BAIE, BAIE DANKIE aan al die besighede en mense wat so ruim bygedra het met borge, pryse en hulp: Gansbaai Marine, I&J, Prime Cut Meats, White Shark Diving Co, OK Foods, Fine&Country, Klein Kaap Kwekery, The Young Ones (Des, Pat, Dries), Dr. C Loubser, Lourens-broers (Eben, Christi), Deon en Lisel Joubert, Jas en Alta van Niekerk, Gerhard en Ansie Germishuys, Piet en Elsabie Schoombie, Patrica Ronquest en Desireè Blackburn-Hall.

Ons speel sosiale tennis op Woensdagoggende vanaf 09:30 by die munisipale bane en Saterdagnamiddae vanaf 14:00 by die Laerskoolbane. Almal is welkom om saam te speel.

Tennisgroete

Daneel Geldenhuys

Tennisnuus (9 July 2015)

Daneel Geldenhuys

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant