Gansbaai Courant

In Memoriam Beryl Pienaar

In Memoriam Beryl Pienaar

Gansbaai Courant

Wyle Beryl Nell Pienaar is op Sondag, 12 Julie 2015 in die ouderdom van bykans 84 jaar ná ‘n kort siekbed oorlede.

Beryl is op 3 November 1931 gebore. Enkele maande ná haar eggenoot, wyle Pine Pienaar, ‘n welbekende inwoner van Gansbaai se afsterwe op 21 Januarie 2013, verhuis Beryl op 14 Mei 2013 na Herberg-aan-See Tehuis vir Bejaardes waar sy ‘n inwoner tot en met haar afsterwe was.

Beryl is allerweë as ‘n stil persoon met ‘n aangename en innemende persoonlikheid bestempel en wat deurgaans in liefde en besorgdheid teenoor haar medemens opgetree het. Op 17 September 1954 tree sy met wyle Pine in die huwelik, met ‘n gelukkige huwelikslewe daarna van bykans 60 jaar. Twee seuns (al drie reeds oorlede), André, Casper en Johan, asook 2 dogters, Petra en Elsabé, is uit die huwelik gebore, met 7 kleinkinders waarmee Beryl geseënd was.

Een van haar kleinkinders is die skrander Bianca de Coning wat Gansbaai Academia se Hoofmeisie en Topkandidaat in 2013 was. Sy is tans ‘n 2de jaar BSc Gedragsgenetika student aan die Universiteit van die Oranje-Vrysaat en het haar 1ste jaar met 7 onderskeidings uit haar 12 modules geslaag. Bianca was tot kort voor haar geliefde ouma se afsterwe in Gansbaai vir die vakansie, maar Petra het vir haar ‘n vliegkaartjie gekoop om haar die roudiens te laat bywoon.

Saam met haar eggenoot was Beryl ook ‘n jarelange lid van die NGK se kerkkoor, terwyl hulle ook deel van die Birkenhead Boothengelklub sedert die klub se stigting op 16 Junie 1988 was. Na wyle Pine se aftrede in 1986 verhuis die egpaar na Gansbaai, waar Beryl dus die afgelope 30 jaar gewoon het.

Beryl laat haar 2 dogters, Petra en Elsabé, asook 7 kleinkinders agter.

‘n Roudiens is op Woensdag, 15 Julie 2015 deur dr Bobo van Zyl in Herberg-aan-See Tehuis vir Bejaardes waargeneem.

Hardus Botha

In Memoriam Beryl Pienaar

Gansbaai Courant

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant