Gansbaai Courant

Blog: Niel se Craven Week

Published: 23 July 2015
By:Hardus Botha

Dankbaar met sy Boland Rugby trui getuig Niel Engelbrecht (13), ‘n Gr 7 leerder van Laerskool Gansbaai, van Boland se trotse o/13 Craven Week ervaringe.

Die Bolandspan se wedstryde het soos volg verloop: 1ste wedstryd teen die Luiperds - wen 20/15; 2de dag teen KwaZulu-Natal - wen 34/7; 3de dag teen die Valke - wen 18/15; 4de dag (finaal) teen Westelike Provinsie - verloor 17/34.

Niel is ‘n kranige rugbyspeler met etlike prestasies agter sy naam, insluitend Laerskool Gansbaai se Sportman van die Jaar vir 2014 en tans lid van die Leerlingraad.

“Ek wil die gemeenskap van Gansbaai, asook Laerskool Gansbaai bedank vir die ondersteuning en finanisiële hulp wat dit vir my moontlik gemaak het om my droom te kon verwesentlik deur aan die Craven Week te kon deelneem,” sê Niel.

“Net om daar te kon kom was alreeds ‘n oorwinning vir ons span en ek is trots daarop dat ek kon bydra om Gansbaai en ook ons laerskool se naam hoog te kon hou.”

Hardus Botha

Recent Posts

Lojale SAPD-lid se s...
Published: 18 August 2017
By: Gansbaai Courant

Polisiemanne is verslae na die skielike dood van &...

Meester-skrywers
Published: 18 August 2017
By: Gansbaai Courant

Gansbaai se twee getoë Strandvelders en ook k...

Vermiste op see stee...
Published: 18 August 2017
By: Gansbaai Courant

 ‘n Man, vermoedelik van Mosselbaai, wa...

Vyf droom... en een ...
Published: 18 August 2017
By: Gansbaai Courant

Vyf finaliste het oor ‘n splinternuwe motor ...