Gansbaai Courant

Blog: In Memoriam Andries Carstens

Published: 06 August 2015
By:Hardus Botha

Andries Johannes Petrus (Andries) Carstens (75) is op 30 Julie vanjaar oorlede.

Hy is op 3 September 1940 in die Paarl gebore, waar hy ook grootgeword het, met sy skooljare wat hy in Franschhoek voltooi het. Andries het ‘n broer, Johan en ‘n suster, Petro, wat altwee reeds oorlede is. Ná skool voltooi hy sy vakleerlingskap as elektrisiën. Op 31 Augustus 1963 tree hy met wyle Bilene in die huwelik, wat op 8 Mei 2011 oorlede is. Twee seuns en een dogter is uit die huwelik gebore: Jounine (50) van die Paarl, Cassie (49) van Gansbaai Overstrand Medical Response en Walter (40) van Brackenfell. Andries was die trotse oupa van 6 kleinkinders en oupagrootjie van 2 agter-kleinkinders, met ‘n 3de wat in Oktober vanjaar sal aankom. In sy beroepslewe was hy deurgaans ‘n elektrisiën, hoofsaaklik in die Wes-Kaap totdat hy 26 jaar gelede in 1989 op grond van mediese redes afgetree het. In 1996 verhuis die egpaar na Gansbaai. Boothengel was Andries se lewe en hy was ook ‘n jarelange en getroue lid van die Birkenhead Boothengelklub. Hy en wyle Bilene was sedert 1998 bemanningslede vir Johan Burmeister. Sowat 2 jaar gelede het hy, as gevolg van sy hart en op aanbeveling van sy dokter nie meer see toe gegaan nie. Hy het destyds gesê: “My hart het gebloei toe ek van boothengel afstand moes doen!” In Junie 2014, nadat hy vir 2 jaar nie see toe gegaan het nie, vang hy saam met Johan Burmeister vir oulaas twee spog-kabeljoue (18.4kg en 17.8kg) by die Moddergate. Dit was ook vir Andries ‘n groot trots dat hy later as waarnemende Wedstrydsekretaris by die weegskaal aangestel is. Naas sy groot liefde vir hengel, was Andries ook al die jare baie lief vir tuinmaak en handewerk in die motorhuis. Andries laat sy 2 seuns, 1 dogter, 6 kleinkinders en 2 agterkleinkinders agter.

‘n Roudiens is op Woensdag om 11:00 deur past Frikkie Zeelie in Gansbaai AGS gehou.

Hardus Botha

Recent Posts

Lojale SAPD-lid se s...
Published: 18 August 2017
By: Gansbaai Courant

Polisiemanne is verslae na die skielike dood van &...

Meester-skrywers
Published: 18 August 2017
By: Gansbaai Courant

Gansbaai se twee getoë Strandvelders en ook k...

Vermiste op see stee...
Published: 18 August 2017
By: Gansbaai Courant

 ‘n Man, vermoedelik van Mosselbaai, wa...

Vyf droom... en een ...
Published: 18 August 2017
By: Gansbaai Courant

Vyf finaliste het oor ‘n splinternuwe motor ...