60ste Huweliksjaar

60ste Huweliksjaar

Gansbaai Courant

 “Die belangrikste wat ons oor soveel jare heen gebind het, was ons liefde vir mekaar en om mekaar te bederf, maar veral ook wedersydse ondersteuning in voor- en teenspoed en ons het alles altyd saam gedoen,” vertel SP van Blerk (88) van Franskraal. Hy en sy eggenote, Frieda (82) is 60 jaar gelede op 6 Augustus 1955 in ‘n Duitse Kerk in Langstraat, Kaapstad in die huwelik bevestig.

Die egpaar het geen kinders nie, maar sê dat dit ‘n saak is waarmee hulle jare gelede al vrede gemaak het. SP is op 20 Desember 1926 in Malmesbury gebore, maar is op 12-jarige ouderdom saam met sy ouers na die Paarl. In sy beroepslewe was hy saam met Jan Pickard in die drankbedryf. SP is baie trots op sy spesiale toekenning, ‘n “Leadership Award” wat hy op 25 Oktober 2006 van die Pickard Group ontvang het.

Frieda is op 1 Augustus 1933 in Kaapstad gebore en bekwaam haarself later as ‘n onderwyseres aan CPUT se Mowbray Kampus, maar word later die eienaar van ‘n Bloemistewinkel in die Paarl. In 1986 tree SP af en die egpaar verhuis permanent na Franskraal, waar hulle etlike jare vantevore ‘n vakansiehuis in 1971 gebou het. “Ons het die erf kort voor ‘Daan Desimaal’ se tyd vir £450 gekoop,” sê SP.

Spesiale vriende het ‘n gesellige funksie op 1 Augustus (Frieda se verjaardag) vir hul huweliksherdenking te Uijlenes gereël, waar daar sommer heerlik saamgekuier is. Die egpaar het reeds na Golden Harvest in Sandbaai verhuis, maar kom kuier nog gereeld in hulle huis in Franskraal.

Hardus Botha

60ste Huweliksjaar

Hardus Botha

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant