Skelm teer sy pad terug selle toe
‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...
Die tema van die Birkenhead Boothengelklub se onlangse aandfunksie was “Indies”, met Indiese geregte vanuit die boonste rakke. Steve en Margi Muller was die verantwoordelike klublede wat aan die spits van die reëlings gestaan het en Margi het seker gemaak die ete verloop “eg-Indies”.
Margi, met ‘n Indiese “kolletjie” op haar voorkop, het ook vir ‘n verrassing gesorg. Kolletjies is onder een stoel by elke tafel geplak en daardie sittendes het elk ‘n prys ontvang. Hulle is Ria van der Merwe, Leahndie van Wyk, Regina Louw en Jean Downing. Geluktrekkings was ook weer aan die orde van die dag, met Pop Malan en At Roux wat die gelukkige wenners van ‘n bottel wyn was. Dit was ook Steve se verjaardag en Margi het spesiaal “Sweef soos ‘n Arend” deur Raymond Rabe se Musiekfabriek laat speel waarop hulle gedans het - dit was ook die egpaar se huwelikslied op hul troudag.
Voorsitter Philip Fourie het tydens die opening ook hulde gebring aan Andries Carstens, ‘n getroue boothengel-klublid met sy afsterwe. Tydens en na afloop van die ete is daar net gesellig saamgekuier en op maat van Raymond Rabe se Musiekfabriek gedans. (Gelukkig het Margi nie vir Indiese danspassies gereël nie!) Die dag se kompetisie is deur Jan le Roux van JLR Associates (Architecture - Town Planning) geborg. Die volgende boothengelkompetisie is vir Saterdag, 5 September 2015 geskeduleer, met ‘n gesellige Lentedans en aandfunksie die aand.
Klubnavrae en funksie-besprekings kan aan Philip Fourie, voorsitter, by 082-747-3634 gerig word, met kompetisie-navrae Johan Burmeister by 082-895-7647.
Hardus Botha
Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read More‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...
Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.
‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...
Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...
39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.
Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...