Gansbaai Courant

Blog: LAERSKOOL GANSBAAI PRESTEER IN OVERBERGSE EISTEDDFOD

Published: 13 August 2015
By:Vickie Cilliers

Leerders van Laerskool Gansbaai het verlede week aan 3 afdelings van die Overbergse Eisteddfod deelgeneem en pragtige prestasies gelewer.

Op Dinsdag, 4 Augustus 2015 het leerders van Graad 4 – 7 deelgeneem by Curro Hermanus aan die Engelse Spraak en Drama en gesamentlik het hulle 9 Cum Laude, 20 Goue en 6 Silwer sertifikate verwerf.

Op Woensdag, 5 Augustus 2015 het leerders van Graad 1 – 3 deelgeneem aan die Afrikaanse Spraak en Drama by Laerskool Gansbaai en gesamentlik het hulle 9 Cum Laude, 10 Goue en 7 Silwer sertifikate verwerf.

Op Vrydag, 7 Augustus 2015 het leerders van Graad 4 – 7 deelgeneem aan die Afrikaanse Spraak en Drama by Laerskool Hermanus en hier het hulle ook gesamentlik 8 Cum Laude, 15 Goue en 9 Silwer sertifikate verwerf.

Ons is baie trots op elke leerder wat deelgeneem en so goed presteer het!  Baie dankie vir al die ouers, onderwysers en vrywilligers wat betrokke was by die afrigting van ons leerders, sowel as die vervoer en ondersteuning van ons leerders waar hulle opgetree het.

Vickie Cilliers

Eisteddfod Koördineerder

Recent Posts

NGK Jeugbasaar
Published: 21 September 2017
By: Gansbaai Courant

NGK Jeugbasaar

Dogtertjie wonderbaa...
Published: 21 September 2017
By: Gansbaai Courant

Die brutale aanval van Japie en Madelein Swart se ...

Juwelier beroof
Published: 21 September 2017
By: Gansbaai Courant

Met die voorwendsel dat hulle goue juweliersware w...

Join the Internation...
Published: 21 September 2017
By: Gansbaai Courant

Join local teams for the International Coastal Cle...