Skelm teer sy pad terug selle toe
‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...
Ondanks ernstige gesondheidsprobleme het Randall Wicomb die dames (en here) tydens verlede Saterdag se Vrouediens-byeenkoms met sy sang betower. Die NGK se Vrouediens-aksie, onder leiding van Elcine Hulme, het ‘n gesellige oggend saam met Randall gereël.
Die onderskeie gasvrouens het seker gemaak die tafels vertoon sprokiesmooi, met geskenkies, versierings en ‘n smaaklike ete wat ingesluit was. “Dit is die eerste keer wat ek in ‘n saal optree waar daar soveel moeite met die versiering van tafels gedoen is en dit lyk verruklik mooi,” was Randall se opmerking toe hy met sy optrede begin het. Hy het sy optrede interessant beplan en dit met ‘n samevatting van sy sangloopbaan oor jare heen aangebied - met liedjies uit verskeie eras. Voor elke liedjie het hy die geskiedenis daaragter vertel van wat alles agter die skerms aangaan alvorens ‘n liedjie vir opname gereed is.
Die applous wat hy na elke liedjie ontvang het, het van gewaardeerde luistergenot getuig. Gedurende die oggend het hy ook openlik oor sy persoonlike lewe gepraat en aspekte van die verlede in perspektief geplaas.
Randall word as een van die ikone in die Suid-Afrikaanse musiekbedryf beskou en het oor meer as vier dekades grensverskuiwende werk met sy toonsettings en vertolkings van Afrikaanse volksliedjies gedoen. Hy is ‘n gebore Kapenaar wat sy Honneursgraad in Ekologie verwerf het en eers by die Paul Roos Gimnasium in Stellenbosch onderwys gegee het, met verskeie Goue Status musiektoekennings wat hy vir sy uitreikings ontvang het. Daar kan ook uitgesien word na Randall se Outobiografie wat binnekort deur Johan Coetzee van Naledi Uitgewers bekendgestel gaan word.
Hardus Botha
Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read More‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...
Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.
‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...
Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...
39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.
Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...