Oubaas met “drinkhoed” op sy stukke

Oubaas met “drinkhoed” op sy stukke

Gansbaai Courant

 “Oubaas Lesch het vir hom ‘n drinkhoed gekry om hom in die toekoms te help,” vertel Elba Tredoux van Overberg Kushengelklub. Hulle kompetisie van Saterdag, 8 Augustus 2015 het goeie vangstes opgelewer. Sy sê die frustrasies en teleurstelling om na die Bokke se wedstryd te kyk, het gelukkig nie na die inweegsessie deurgetrek nie.

“Zach de Wet, ‘n besoeker wat ons hoop om weer in ons midde te sien, het ‘n prag-galjoen van 1.82kg ingeweeg en dit was dan ook die grootste vis van die dag,” sê Elba. “Dit is die tweede agtereenvolgende maand wat ‘n besoeker aan die Klub met die grootste vis kon spog.”

Die swaarste sak is deur die Klub se ou staatmaker, Oubaas Lesch, ingepalm, ‘n man wat die Klub nog nooit teleurstelgestel het nie. Die man met die tweede swaarste sak was Mico Swart, wat ook gereeld sy kant bring en feitlik elke maand mooi visse inweeg. “Weer eens baie dankie aan ons getroue borg, Buitesteen Pub & Grill, asook aan Hyundai Worcester vir hulle ondersteuning,” sê Elba. “Dit is nou maar net so, die ou of vrou wat nie ‘n lyn in die water het nie, kan nie ‘n vis vang nie.

Dus, ‘n ope uitnodiging aan almal met ‘n stok om saam met ons te kom hengel.” Sy sê die gesellige saamkuier en -gesels na afloop van kompetisies, maak almal sommer vinnig deel van die gemeenskap. Die volgende maandbyeenkoms is op Saterdag, 12 September 2015.

Vir algemene navrae kan Elba Tredoux by 082-351-2304 of 028-388-0092 gekontak word. Vir hengelnavrae kan die Wedstrydsekretaris, Leibrandt van Niekerk by 082-487-3106 gekontak word, of stuur ‘n epos aan hom by bietouprops@gmail.com.

Hardus Botha     

Oubaas met “drinkhoed” op sy stukke

Hardus Botha

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant