Gansbaai Courant

Blog: Eks-Sekuriteitsbeampte vas

Published: 20 August 2015
By:Hardus Botha

‘n Eks-sekuriteitsbeampte van Gansbaai is op heter daad betrap terwyl hy by ‘n onbewoonde vakansiehuis in Perlemoenstraat, Kleinbaai ingebreek het. Op 12 Augustus 2015 het die buurvrou ‘n verdagte by die huis opgemerk. “Die buurvrou het ons geskakel en my beampte is na die woning waar ‘n oop deur gesien is,” sê Eben Visser van Secma International. “Die polisie is ontbied en met hul aankoms is die woning deursoek en ‘n blanke persoon, Mark Fellows (23) is gearresteer waar hy in die motorhuis weggekruip het.” 

Die verdagte was in die besit van ‘n afstandbeheermeganisme vir die woning se alarmstelsel. Fellows het aan die polisie bevestig dat hy die afstandbeheermeganisme gesteel het terwyl hy op 17 Julie vanjaar aan die woning se alarmstelsel gewerk het. Hy het die meganisme gebruik om die alarmstelsel te deaktiveer, wat verhoed het dat dit afgaan.   Fellows is ‘n eks-werknemer van Secma International, maar was ten tye van die voorval nie in hulle diens nie. Hy is vroeër vanjaar deur Secma International weens ‘n oortreding afgedank.

“Ná Fellows se arrestasie, is alle wonings waarby hy betrokke was, deur ons nagegaan om te verseker dat die alarmstelsels nie kwesbaar is nie,” het sê Eben gesê. Fellows het sy opleiding aanvanklik in die Kaap deurloop.

Sp.Kapt Danie Rautenbach sê Fellows het sy tegniese kennis op die gebied van alarmstelsels misbruik om toegang tot die woning te verkry waar hy gewerk het. Hy was ook in Februarie vanjaar by diefstalsake te Vishoek betrokke en was uit op borgtog. Op Sondag, 16 Augustus 2015 is onder andere ‘n TV vanuit dieselfde woning gesteel wat aan ‘n man in Masakhane verkoop is. Die TV is te Lower Crossroads deur die polisie teruggevind, maar nie die res van die gesteelde goedere nie. Fellows het op Maandag, 17 Augustus 2015 in die Hermanushof op twee aanklagte van diefstal verskyn, met borgtog wat opponeer is. Die saak is na 1 September vanjaar uitgestel vir ‘n borgaansoek, met Fellows wat in aanhouding sal bly. Sp.Kapt Danie Rautenbach het bevestig dat nog diefstalklagtes wat met hierdie een verband hou, tans ondersoek word. Lede van die publiek word versoek om Gansbaai SAPD by 028-384-0201 met enige inligting wat van hulp mag wees, te kontak.

Hardus Botha

Recent Posts

DAFF konfiskeer 2 ru...
Published: 04 August 2017
By: Gansbaai Courant

Na aanleiding van die gereelde klagtes rakende per...

A huge welcome to ou...
Published: 04 August 2017
By: Gansbaai Courant

The Mammal Research Institute Whale Unit conducted...

James Roux se dood '...
Published: 04 August 2017
By: Gansbaai Courant

‘n Bekende eiendomsagent James Roux van Gans...

Hulle stap vir verlo...
Published: 04 August 2017
By: Gansbaai Courant

Twee ware Dapper Stappers, Tommy Beeslaar (48) en ...