Wynproegilde se Brandewynproe

Wynproegilde se Brandewynproe

Gansbaai Courant

Hoe deurmekaar dit ookal mag klink, dit bly ‘n feit dat   Gansbaai Wynproegilde se lede en gaste ‘n Brandewynproe-aand beleef het. Dit was weer tyd vir ‘n gesellige aand van Gansbaai Wynproegilde in die Great White House in Kleinbaai.

Voorsitter Theuns Roodman het die nodige verwelkoming en reëlings hanteer, waarna Smartie Genade die aanbieder van die aand, dr Caroline Snyman (PhD CWM), voorgestel het. Caroline is ‘n Chemiese Ingenieur van Distell en Besigheidsdirekteur: Spiritualieë, met ‘n duidelike passie vir brandewyn. “Brandy is the soul of the wine that its made off,” het sy gesê en bygevoeg dat slegs die beste wyne as  basis vir goeie brandewyn gebruik word. Sy het ook gesê dat 5 liter goeie wyn vir die maak van 1 liter brandewyn gebruik word.

Die 6 brandewyne wat te proe aangebied is, was Flight of the Fish Eagle, Oude Meester, Richelieu, Klipdrift Gold, Oude Meester (reserved) en Van Ryn’s, met ‘n goeie balans en wat as die mees bekroonde brandewyn beskou word. Theuns het Libbet Genade nadergeroep vir die gebruiklike oorhandiging van ‘n blyk van waardering aan Caroline. Derek Lowe, die Great White House se sjef, het gesorg vir ‘n uitstekende ete met “mustard coated beef” en bykosse, asook ‘n smullekker sjokolade nagereg. Daar is tot laataand saamgekuier en gesellig verkeer, met die waarneming dat brandewyn se alkohol nie verniet oor 38% is nie. Daar is dus ‘n bietjie harder gepraat as met die gebruiklike wynproeëry met ‘n  heelwat laer alkoholinhoud.

Vir navrae rakende Gansbaai Wynproegilde kan Amanda de Vries by 028-388-0708 of 082-577-6920 geskakel word, of stuur ‘n e-pos aan haar by info@franskraalbandb.co.za.

Hardus Botha

Wynproegilde se Brandewynproe

Hardus Botha

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant