Gansbaai Courant

Blog: Chaos op R43

Published: 03 September 2015
By:Francois de Jongh

΄n Motoris wat laat Maandagmiddag drie stopstrate in Gansbaai se Hoofstraat geïgnoreer het en daarna teen 'n hoë spoed op die R43 gejaag het, is deur Spr A/O Michael Vermeulen agterna gesit. Die vlugtende voertuig het by tye aan die verkeerde kant van die R43 gery en verskeie voertuie is rakelings gemis. Minstens drie voertuie is ook deur die bestuurder amper van die pad afgedruk. Hy het ook probeer om Vermeulen af te druk. Die hoëspoed jaagtog het geëindig toe die man by Maanskynbaai, naby Hermanus, beheer oor die voertuig verloor het en gerol het.  Daniel (Dennis) Swart (35), is op die toneel gearresteer vir bestuur onder die invloed van alkohol en poging tot moord. Hy het ook die voertuig sonder die eienaar se toestemming bestuur. Swart het Woensdag in die hof verskyn.

Francois de Jongh

Recent Posts

Lojale SAPD-lid se s...
Published: 18 August 2017
By: Gansbaai Courant

Polisiemanne is verslae na die skielike dood van &...

Meester-skrywers
Published: 18 August 2017
By: Gansbaai Courant

Gansbaai se twee getoë Strandvelders en ook k...

Vermiste op see stee...
Published: 18 August 2017
By: Gansbaai Courant

 ‘n Man, vermoedelik van Mosselbaai, wa...

Vyf droom... en een ...
Published: 18 August 2017
By: Gansbaai Courant

Vyf finaliste het oor ‘n splinternuwe motor ...