Goeie vangstes

Goeie vangstes

Gansbaai Courant

Soos met die vorige boothengelkompetisie, het sommige hengelaars tydens die Birkenhead Boothengelklub op Saterdag, 5 September 2015 goeie vangstes gehad, terwyl dit met andere minder goed gegaan het. 6 bote het ingeskryf en ingeweeg, met ‘n totale bemanning van 22 wat deelgeneem het, waarby 3 juniors (een ‘n dametjie - Kara Engelke) ingesluit was. 11 verskillende spesies is ingeweeg en die totale aantal vis was 116 met 'n totale massa van 142.64kg, wat ‘n gemiddeld van 6.48kg per hengelaar beteken. Volledige uitslae is soos volg: swaarste vis, Lambert de Wet (Snoek - 4.05kg); 2de swaarste vis, Kobus de Kock (Snoek - 3.95kg); swaarste sak (18.09kg), Kobus de Kock; 2de swaarste sak (15kg), Lambert de Wet; swaarste bootgemiddeld (10.05kg), Topless van Lambert de Wet; 2de swaarste bootgemiddeld (8.85kg), Nu-Nu van Johan Burmeister; Junior Swaarste sak (4.15kg), Kara Engelke. Die 1ste 3 voorlopers in die onderskeie kategorieë is: Bootkampioene - Nu-Nu van Johan Burmeister (47.88kg), Relêks 2 van Jean Downing (34.24kg), Oupa van Ben Uys (31.52kg); Mans Visvangkampioene - Philip Fourie (49.15kg), Johan Burmeister (49.0kg), Jean Downing (40.20kg); Dame Visvangkampioen - Dixie Walsh (17.8kg); Junior Visvangkampioene - JP Uys (33.45kg), Hennie Groenewald (24.85kg). Die volgende boothengelkompetisie is vir Saterdag, 3 Oktober 2015 geskeduleer, wat terselfdertyd die gewilde King of the Bay Kampioenskap gaan wees. Klubnavrae en funksie-besprekings kan aan Philip Fourie, voorsitter, by 082-747-3634 gerig word, met kompetisie-navrae aan Johan Burmeister by 082-895-7647.

Hardus Botha

Goeie vangstes

Hardus Botha

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant