DA verf vir Loslitdag

DA verf vir Loslitdag

Gansbaai Courant

 “Die Gansbaai-tak van die DA het ‘n aktiewe deelname aan die jaarlikse Loslitdag gehad,” vertel rdl Riana de Coning. “‘n Groepie lede het eers die stap deur die hoofstraat meegemaak, met skenking van nie-bederfbare produkte, waarna hulle na die Strandlopertjieskool in Blompark gegaan het.” Hulle het ingespring en die stoepgedeelte van die skool verfraai deur helder geometriese patrone teen die mure te verf.  

Riana sê die DA lede het soos ‘n ge-oliede masjien saamgewerk en die taak in ‘n japtrap afgehandel. Sy het op die geometriese patrone besluit omdat dit ook ingespan kan word om die kleuters se persepsie van vorms  te verbeter. Dit kan ook handig gebruik word as hulpmiddel in kleurherkenning, asook in die ontwikkeling van wiskundige begrippe en om ‘n gesonde basis vir toekomstige wiskundige beginsels vas te lê. Volgende aan die beurt is om ander skole in die dorp en in Masakhane ook te verfraai.

Hardus Botha

 DA-lede is hard aan die verf by Strandlopertjieskool in Blompark

DA verf vir Loslitdag

Hardus Botha

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant