Pearly Beach Biddag

Pearly Beach Biddag

Gansbaai Courant

“Die inwoners van Pearly Beach se Interkerklike Biddag op 16 September was ‘n hoogsgeslaagde byeenkoms,” vertel Petrus du Preez. “Die weer het goed saamgespeel en die byeenkoms kon in die buitelug op die grasperke by Pearly Beach se Herbarium plaasvind.” Alta Van Niekerk, bygestaan deur Engela Basson en Annaline Reinke (met trekklavierbegeleiding), het die reëlings vir heerlike samesang en gebede getref. “Ek voel werklik dat elke wyk so 'n dag kan reël en onsself kan gerus opvolg deur bidure te hou,” sê Petrus.

“Ons voel werklik dat net God ons land en die wêreld kan red uit die toestand waarin ons tans verkeer.” Die hoofdoel van die dag was vir verootmoediging en gebed deur alle gelowiges. Die groot groep het onder andere vir sondevergifnis, genade, liefde en eenheid tussen alle gelowiges gebid, asook teen misdaad, korrupsie en moorde en die apatie en selfsug van gelowiges. Die organiseerders het onder andere na Matt 6:33 verwys, waar Christus gesê het: “Maar soek eers die koninkryk van God en sy geregtigheid, en al hierdie dinge sal vir julle bygevoeg word.” Eie stoele, sitkombersies en bekers is saamgeneem en na afloop van die byeenkoms is daar ook saamgekuier met heerlike sop wat bedien is.

Hardus Botha

Pearly Beach Biddag

Hardus Botha

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant