Wonderwerke van Jesus in Beeld

Wonderwerke van Jesus in Beeld

Gansbaai Courant

Dit is vanjaar se tema by die jaarlikse verruklike uitstalling van fynbos in die NG-Kerk te Stanford die komende naweek vanaf Vrydag, 2 Oktober 2015 tot Maandag, 5 Oktober.

‘n Groot span dames, opgedeel in kleiner spanne vir die onderskeie wonderwerke, onder leiding van Carol Lötter en Melody Schweyer het hard aan die voorbereidings gewerk. Die binnekant van die Kerk word letterlik met blomme en fynbos opgetower, ingesluit die preekstoel, met gerieflike wandel-spasie om alles in volgorde te kan bewonder. Enkele voorbeelde van die onderskeie wonderwerke wat op hierdie unieke manier met fynbos en blomme uitgebeeld word, is die gesondmaak van ‘n seun, blindes wat weer kon sien, Jesus se wandeling op die see, die stilmaak van ‘n storm, die genesing van die melaatse, Lasarus wat uit die dood opgewek is, Jesus se opvaar na die hemel en veel meer, gebaseer op Bybelgedeeltes.

Vanjaar is drie Gansbaaiers ook by die uitstalling betrokke. Anita Botha van De Kelders is gevra om betrokke te raak. Sy het vir Marian van Rhyn van Franskraal en Jane Bailey van De Kelders betrek en dié drie vorm ‘n gedugte spannetjie met hulle uitstallingsgedeelte van “Jesus het opgevaar na die hemel om vir my plek voor te berei”.

Besoektye aan die verruklike uitstalling in die NG-Kerkgebou is daagliks vanaf Vrydag tot Maandag vanaf ± 10:00 tot 17:00 (Sondag vanaf na die diens), en dit mag nie misgeloop word nie. Sondag sal daar ‘n Interkerklike Erediens deur ds Neil Ollewagen in die kerkgebou om 09:00 gehou word en almal sal welkom wees.

(Foto’s deur Jane Bailey, De Kelders)

 Hardus Botha

Wonderwerke van Jesus in Beeld

Hardus Botha

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant