Tannie Rens Fourie oorlede

Tannie Rens Fourie oorlede

Gansbaai Courant

Tannie Rens Fourie (96), die oudste inwoner van Herberg-aan-See (HaS), is op Saterdag, 3 Oktober 2015 oorlede, enkele maande ná haar verjaardag op 25 April vanjaar.

Wyle Tannie Rens was ‘n bevoorregte moeder, ouma, oumagrootjie en groot-groot oumagrootjie. Jaar na jaar het die kinders, kleinkinders, agterkleinkinders en familielede by HaS bymekaargekom en sommer ‘n groot partytjie vir haar gereël - met genoeg eetgoed sommer vir HaS se sitkamer vol vriende en familie, ook vir die inwoners. Jaar na jaar het Gansbaai Courant ‘n beriggie oor hierdie pragtige Omgee-familie en Tannie Rens se verjaardae geskryf. Vanjaar gedurende April was dit die laaste keer wat die familie te beurt geval het om dit te kon doen. Die volledige 5 geslagte was teenwoordig: Tannie Rens Fourie, Maria Otto (skoondogter), Ronel Visser (kleinkind), Marnel Rossell (agter-kleinkind) en Mienke Rossell (agter-agter-kleinkind). Tannie Rens het alles rustig op haar bed gelê en gade slaan, maar die vonkel in haar oë het vertel dat sy groot waardering het vir al die moeite wat vir haar verjaardag gedoen is en die gesellige samesyn van familie en vriende wat haar op haar verjaardag besoek het en bederf het.

Die familie bedank graag HaS se bestuur, die personeel (veral vir Anita van Dyk) en past Frikkie Zeelie vir die aandag en versorging wat Tannie Rens deurgaans ontvang het. ‘n Diens ter nagedagtenis is vandag (Donderdag, 8 Oktober) om 11:00 in Gansbaai Aanbiddingsentrum (AGS) deur past Frikkie Zeelie waargeneem.  (Argieffoto’s: Gansbaai Courant)

Hardus Botha

Tannie Rens Fourie oorlede

Hardus Botha

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant