Gansbaai Courant

Stropery woed voort

Stropery woed voort

Gansbaai Courant

Stropery voer steeds hooggety en 'n groepering van Masakhane is veral baie bedrywig.

Volgens 'n ingeligte bron stroom daar ook steeds nog stropers vanaf die Oos-Kaap hierheen. Klagtes word gereeld van Franskraal en Kleinbaai inwoners ontvang oor stropers wat oop en bloot met hul duiktoerusting by huis verbyloop en die see ingaan. Die gebied vanaf Gansbaai se Nuwe Hawe, wat Pearly Beach insluit, is 'n verbode duikgebied en niemand mag enige duiktoerusting daar teen die kus in hul besit hê nie. Hieraan steur die stropers hulle egter glad nie en Mariene en Kusbestuur is onderbeman en kan baie keer nie dadelik op inwoners se oproepe reageer nie.

Die Waarnemende Hoof van Gansbaai se marienegebied, Hoofinspekteur Leon Le Roux, doen egter 'n beroep op die publiek om steeds verdagte stropery te rapporteer. Die Bevelsentrum in Hermanus kan by 028-313-2703 geskakel word.

Verlede Woensdag is 'n verdagte voertuig by Danger Point Skiereiland opgemerk waarna 'n wilde jaagtog tot selfs in Masakhane gevolg het. Die bakkie is later daar voorgekeer en die bestuurder gearresteer. Sy helpers en duikers het egter tydens die jaagtog óf van die bakkie afgeval òf afgespring. Daar was geen perlemoen op die bakkie nie, maar 930 ontskulpte diere is by die oplaaipunt by Danger Point gevind. 'n Duiker is ook daar gearresteer. 'n Verdere 1629 perlemoen is dieselfde oggend by Blou Baai in Pearly Beach verlate gevind.

Francois de Jongh

Stropery woed voort

Gansbaai Courant

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant