Skelm teer sy pad terug selle toe
‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...
“Na my mening word wyne in Suid-Afrika te vinnig gebotteleer,” het Robert Davis van Misty Mountains Winery tydens Gansbaai Wynproegilde se wynproe-aand gesê. “Omdat dit my siening is, kan ek nie goedkoop wyn maak nie.” Robert, vergesel deur sy eggenote, Michelle, was die aanbieder in The Bouthouse restaurant in Gansbaai hawe. Nadat enkele formaliteite afgehandel is, het voorsitter Theuns Roodman die aanbieder bekendgestel.
Hierdie knap wynmaker het aan die Universiteit van Pretoria gradueer, en werk daarna vir sowat 14 jaar in die Departement Buitelandse Sake in stede soos Hong Kong, London en Madris in Spanje. Daarna is bestuur hy sy eie besigheid in Kaapstad, maar verkoop dit in 2004, waarna hy die wynplaas, Misty Mountains namens die eienaar as Algemene Bestuurder bestuur. Die puik wyne wat te proe aangebied is, is Sauvignon Blanc 2015, Rosé 2015, Shiraz 2009, Siraz 2010 en Sauvignon Blanc Anamae 2015.
Die Wynproegilde se lede, asook gaste, was baie beïndruk met die wyne wat hulle met sterk silwers tot goud beoordeel het. Robert het sy siening rakende wyn wat langer as die normale in vate behoort te bly om hoë gehalte wyn te kan produseer, breedvoerig verduidelik. Vele reisigers op pad na Hermanus het seker al gewonder wat by Misty Mountains aan die gang is. Gaan loer gerus in - dit sal die moeite werd wees. Irma van The Boathouse in Gansbaai hawe het gesorg vir ‘n uitstekende en gepaste ete met ‘n goeie verskeidenheid.
Vir navrae rakende Gansbaai Wynproegilde kan Amanda de Vries by 028-388-0708 of 082-577-6920 geskakel word, of stuur ‘n e-pos aan haar by info@franskraalbandb.co.za.
Hardus Botha
Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read More‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...
Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.
‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...
Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...
39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.
Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...