Nuwe Sentrum vir Ikamva

Nuwe Sentrum vir Ikamva

Gansbaai Courant

 “Ons is baie, baie dankbaar vir ons jarelange droom waarvan die realisering daarvan nou begin het,” vertel Jolande Sauls, Bestuurder: Ikamva Jeugontwikkeling en Naskoolse aktiwiteite. Sy verwys na grond in Asterstraat in Blompark wat aan hulle ge-oormerk is om te huur en waar ‘n nuwe sentrum vir hulle aktiwiteite gebou gaan word.

Ikamva is deurgaans besig met die reël en aanbied van ‘n groot verskeidenheid jeug-aktiwiteite en werk ook nou saam met verskeie Staatsdepartemente. Die nuwe sentrum sal onder andere uit twee kantore, ‘n créche, siekeboeg, kombuis en ‘n volwaardige Jeugsentrum bestaan. Tans word al hierdie bedrywige organisasie se aktiwiteite in die Blompark Gemeenskapsaal aangebied, met ‘n baie klein kantoortjie vir hulle administrasie.

“Ons sien daarna uit om na ons nuwe sentrum te trek, veral oor die veel groter spasie wat ons sal kan benut, asook ‘n behoorlike créche vir die kleuters,” sê Jolande. Sy sê vele donasies en skenkings word nog benodig om die droom volgende jaar te laat realiseer, aangesien hulle self alle kostes vir die oprigting van die strukture moet bekom. “Ons het reeds met etlike instansies begin onderhandel in die hoop dat ons voldoende fondse sal bekom." PEPFAR USA het reeds die fondasie, dreingat en bouplanne vir hulle geborg, waarvoor hulle groot waardering het.

Verskeie hooggeplaasdes en gemeenskapsleiers het die plegtigheid bygewoon, wat Jolande opreg bedank vir hul teenwoordigheid, met spesiale verwysing na die Overstrandse Onderburgemeester, rdl Rudolph Smith. “Nou sien ons angstig uit na ons nuwe fasiliteite wat ons broodnodig het vir ons vele aktiwiteite in belang van ons jeug,” sê Jolande.

Hardus Botha

Nuwe Sentrum vir Ikamva

Hardus Botha

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant