Gansbaai Courant

Blog: Poppies se 16,000 kerf

Published: 12 November 2015
By:Hardus Botha

“‘n Groepie van ons Waardevol vir Jesus Poppiespan was op Vrydag, 30 Oktober baie dankbaar en opgewonde toe ons die 16,000ste poppie klaargemaak het,” vertel die groep se leier, Marina Bruwer. “Ons bedank graag vir Straatwerk, wat ons vir hierdie projek genommineer het, opreg en beskou dit as ‘n voorreg om dit vir hulle te kan doen.” Hierdie projek van Straatwerk het ten doel om leerders by skole te waarsku teen seksuele molestering, prostitusie en pornografie. Gansbaai se groep, onder leiding van en in samewerking met Straatwerk, Kaapstad, het al etlike besoeke aan omliggende skole gebring, waar hulle kosbare boodskappe oorgedra het en Waardevol vir Jesus Poppies uitgedeel het. Marine sê elke gebed, poppie of bydrae van enige aard, het daartoe bygedra dat hulle hul mylpaal na ±8 jaar kon bereik. Vir hoërskoolleerders het hulle ook bykans 3,000 hartjies van krale gemaak. ‘n Deel van hierdie gedugte span was op 30 Oktober tydens Vrydae se Woekermarkdag bymekaar toe hulle hul mylpaal van 16,000 Waardevol vir Jesus Poppies bereik het. Hulle is Marina, haar dogter Madri van Straatwerk, Ria, Christene en Ina.

Madri is ‘n voorslag bestuurslid van Straatwerk se broodnodige arbeid en projekte in die Kaap. Vir meer inligting rakende Straatwerk kan ‘n e-pos aan Madri by madri@straatwerk.org.za gestuur word. Straatwerk se bedrywige webtuiste kan by www.straatwerk.org.za besoek word. Marina bedank ook graag vir Francia van Dyk vir die beskikbaarstelling van hulle tafel tydens elke Vrydag se gewilde Woekermark in die Pretoriussaal, asook alle vrywillige werkers wat hulle projek so getrou ondersteun.

Vir navrae rakende plaaslike projekte, asook die “Waardevol vir Jesus Poppies Projek” kan Marina Bruwer by 028-388-0250 of 072-261-9105 gekontak word.

Hardus Botha

Recent Posts

DAFF konfiskeer 2 ru...
Published: 04 August 2017
By: Gansbaai Courant

Na aanleiding van die gereelde klagtes rakende per...

A huge welcome to ou...
Published: 04 August 2017
By: Gansbaai Courant

The Mammal Research Institute Whale Unit conducted...

James Roux se dood '...
Published: 04 August 2017
By: Gansbaai Courant

‘n Bekende eiendomsagent James Roux van Gans...

Hulle stap vir verlo...
Published: 04 August 2017
By: Gansbaai Courant

Twee ware Dapper Stappers, Tommy Beeslaar (48) en ...