Gansbaai Courant

Bietoubossers en Hannon-produkte

Bietoubossers en Hannon-produkte

Gansbaai Courant

“Die Bietoubossers hou daarvan om die wêreld mooi te maak… en dit sluit beslis hulself ook in,” vertel Elizma de Lange van die Bietoubos Damesklub van Perlemoen-baai en De Kelders. “Daarom is dit geen wonder dat die kategesesaal op 13 Oktober byna vol was met Bietoubossers en hul vriendinne om ‘n demonstrasie van Hannon se produkte by te woon.” Magda Pretorius, ‘n verteenwoordiger van dié produkte in hierdie streek, is aan die woord gestel om die dames meer van die geheime van mooi lyk te vertel - met behulp van Hannon se produkte, “selfs al is ons nou nie so gelukkig om ‘n mooimaak-sessie op die kassie persoonlik te kan beleef nie.” Die dames kon almal ‘n vinnige vel- en haartoets ondergaan om seker te maak wat benodig word om die beste in elkeen uit te bring. Wat die grimering betref was Leonie Botha, wat saam met Rentia van Jaarsveld die byeenkoms gereël het, die proefkonyn. “‘n Hele paar sou graag manlief Jannie se kommentaar na dié sessie wou hoor,” sê Elizma. Sy sê ‘n paar dames kon ook ervaar dat ‘n bietjie Hannon-toorgoed die haarkapsel gou van gewoon na besonders kan verander.” By die teedrinkery (met die gebruiklike en verleidelike versnaperinge daarby) het dit behoorlik gezoem soos die dames die produkte bespreek en menings uitgeruil het. Gelukkig was Juanita van Visions ook teenwoordig. Sy kon belowe dat almal rustig kon gaan nadink en begrotings uitwerk, aangesien sy dié produkte voortaan in haar salon gaan aanhou. “So saam met al die beloftes van beter en mooier lyk wou dit lyk of die Bietoubossers gereed is om hierdie lente behoorlik te blom!” Belangstellende dames van De Kelders, Perlemoenbaai of Gansbaai wat meer inligting verlang of wat wil aansluit, kan die voorsitter, Annette van Zyl by 028-384-1075 kontak, of skakel vir Elizma de Lange by 028-384-1963.

Hardus Botha

Bietoubossers en Hannon-produkte

Gansbaai Courant

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant