Gansbaai Courant

Blog: Media leiers trek saam

Published: 19 November 2015
By:Francois de Jongh

Die Afrika Media Leiers Forum waarby 600 afgevaardigdes uit 45 Afrika lande en omliggende eilande betrokke was, is verlede week in Johannesburg aangebied. Dit was die sewende beraad en is byeengeroep deur die African Media Initiative (AMI) van Nairobi in Kenia. Die volgende beraad is in November 2016 in Abidjan aan die Ivoorkus. Die beraad het dit ondermeer ten doel gehad om 'n aksieplan vir mediaontwikkeling op die kontinent te beraam asook om geleenthede wat ontstaan uit die digitale tegnologiese ontwikkeling te ondersoek.

Tydens die beraad het die Besturende Direkteur van die Vereniging van Onafhanklike Uitgewers (AIP) in Suid-Afrika, me Louise Vale, 'n voorlegging gemaak oor die belangrike rol wat die vereniging speel. Sy het daarop gewys dat die vereniging 210 onafhanklike gemeenskaps-koerante, wat deur privaat-eienaarskap bedryf word en nie deel  is van 'n kooperatief soos Media24 nie, as lede het. Hiervan is 70% in besit van swart eienaars en 20% vroue. Dié uitgawes bereik maandeliks 20 miljoen + lesers.

Hierdie publikasies is gesamentlike groter as Media24 en al die ander korporatiewe koerante saam. Gansbaai Courant is reeds lid vanaf die aanvang van die AIP.

Die besprekings was op 'n baie hoë vlak en waardevolle insigte is gebied op 'n kontinent met vele verskille asook ooreenkomste.

Francois de Jongh, eienaar en uitgewer van Gansbaai Courant het dié beraad op uitnodiging as 'n Suid-Afrikaanse afgevaardigde bygewoon.

Recent Posts

Lojale SAPD-lid se s...
Published: 18 August 2017
By: Gansbaai Courant

Polisiemanne is verslae na die skielike dood van &...

Meester-skrywers
Published: 18 August 2017
By: Gansbaai Courant

Gansbaai se twee getoë Strandvelders en ook k...

Vermiste op see stee...
Published: 18 August 2017
By: Gansbaai Courant

 ‘n Man, vermoedelik van Mosselbaai, wa...

Vyf droom... en een ...
Published: 18 August 2017
By: Gansbaai Courant

Vyf finaliste het oor ‘n splinternuwe motor ...