Gansbaai Courant

Blog: Verkiesing 2016:

Published: 26 November 2015
By:Franskraal Inwoners moet almal Herregistreer

Munisipale verkiesings vind gedurende 2016 in Suid-Afrika plaas. Dit is uiters belangrik dat alle voornemende kiesers moet verseker dat hul wel in die munisipaliteit waar hul gaan stem, registreer. In die geval van Franskraal-inwoners moet almal herregistreer. Die rede hiervoor is dat die afbakenings- raad die wyksgrense verskuif het en dat Kleinbaai en Klipfonteyn 2 nou binne die grense van Wyk 2 val en nie meer soos voorheen deel van Wyk 1 is nie. Van Dykstraat is die skeidingslyn en alle inwoners aan die bo-kant (Noord-Westekant) van die straat is deel van Wyk 2 terwyl dié aan die onderkant (Suid-Oostekant) deel is van Wyk 1. Kleinbaai en Klipfonteyn 2 se kiesers sal nog steeds by die Golfklub stem.

Alhoewel Franskraal en Klipfonteyn nog streeds binne die grense van Wyk 1 is, gaan kiesers in 'n nuwe stemlokaal stem, naamlik die Rolbal klubhuis. Elke kieser kry met registrasie 'n unieke nommer wat aan die lokaal waar hy/sy gaan stem gekoppel is. Omdat daar nou 'n “nuwe” stemlokaal is, moet “nuwe” nommers toegeken word.

Om so min as moontlik ongerief te veroorsaak, het  die Verkiesingskommissie die volgende rëelings in plek SPESIAAL VIR FRANSKRAAL INWONERS:

• 2 Desember sal hul werkers in die Franskraal woongebied strooibiljette uitdeel met belangrike registrasie inligting.

• 3 Des. 4 Des. 5 Des sal die Verkiesingskommissie by die munisipale kantore wees vanaf 12h00 tot 17h00 vir die kiesers wat wil gaan registreer.  ONTHOU ASSEBLIEF OM ID BOEK SAAM TE NEEM !

FRANSKRAAL INWONERS KRY EGTER WEER  2 GELEENTHEDE HIERNA OM TE GAAN REGISTREER.

REGISTRASIE VIR ALLE KIESERS VAN ALLE WYKE (OOK FRANSKRAAL)  VIND DIE 1STE NAWEEK VAN FEBRUARIE 2016 EN DIE EERSTE NAWEEK VAN MAART 2016 PLAAS.

Tydens die geleentheid sal voornemende kiesers kan registreer by die stemlokaal waar hul moet gaan stem.

Indien daar onsekerheid bestaan oor of jy wel geregistreer is by die lokaal van jou keuse, sms bloot SLEGS jou ID nommer na 32810 en ontvang dadelik inligting rakende jou stemlokaal. Indien dit nie ooreenstem met waar die kieser wil stem nie, moet herregistrasie plaasvind.

Die volgende web adres kan ook besoek word:

https://selfcanvass.da.org.za

om inligting rakende jou registrasiete bekom.

REGISTREER OM TE KAN STEM ! Vir enige verdere navrae kontak

Raadslid Riana de Coning Sel 0835972781 Landlyn 028 388 0788

Recent Posts

DAFF konfiskeer 2 ru...
Published: 04 August 2017
By: Gansbaai Courant

Na aanleiding van die gereelde klagtes rakende per...

A huge welcome to ou...
Published: 04 August 2017
By: Gansbaai Courant

The Mammal Research Institute Whale Unit conducted...

James Roux se dood '...
Published: 04 August 2017
By: Gansbaai Courant

‘n Bekende eiendomsagent James Roux van Gans...

Hulle stap vir verlo...
Published: 04 August 2017
By: Gansbaai Courant

Twee ware Dapper Stappers, Tommy Beeslaar (48) en ...