Gansbaai Courant

Blog: Dwelmvonds in Masakhane

Published: 03 December 2015
By:Francois de Jongh

Sers Henry Marais het verlede week en Dinsdag 'n groot dwelmvonds danksy sy oplettendheid gemaak. Hy het tydens patrolliediens inligting ontvang van dwelms wat 'n kort rukkie van tevore by die woning van 'n pastoor in Masakhane afgelewer is. Hy en Konst Kholane is dadelik na die woning en het toe met die toestemming van die eienaar die woning deursoek. Daar is op 'n groot hoeveelheid tik en R10 061.90 kontant beslag gelê. Sers Marais het toe ook gesien dat daar los sand op die woning se vloer was en het dit weggegrawe. Volgens Gansbaai SAPD se media verteenwoordiger, A/O Wynand le Roux, het hy toe op 'n blou lap afgekom waarin 68 heel Mandrax tablette toegevou was. Simphive Qwaka (41) en sy vrou, Nomwetha Gova (38) is gearresteer vir die besit van dwelms. Hulle het reeds in Hermanus hof verskyn en die saak is uitgestel vir verdere ondersoek.

Francois de Jongh

Recent Posts

Lojale SAPD-lid se s...
Published: 18 August 2017
By: Gansbaai Courant

Polisiemanne is verslae na die skielike dood van &...

Meester-skrywers
Published: 18 August 2017
By: Gansbaai Courant

Gansbaai se twee getoë Strandvelders en ook k...

Vermiste op see stee...
Published: 18 August 2017
By: Gansbaai Courant

 ‘n Man, vermoedelik van Mosselbaai, wa...

Vyf droom... en een ...
Published: 18 August 2017
By: Gansbaai Courant

Vyf finaliste het oor ‘n splinternuwe motor ...