Birkenheaders prestige afsluiting

Birkenheaders prestige afsluiting

Gansbaai Courant

Die Birkenhead Boothengelklub het weer eens vir ‘n prestige jaarafsluiting gesorg. Die hoogtepunt is natuurlik die trotse boothengelaar-wenners wat met trofeë en sertifikate beloon is. (Gansbaai Courant, Donderdag, 26 November 2015). Maar veel meer steek in die funksie as net prysoorhandigings.

Dit is jaarliks ‘n prestige geleentheid wat met gesellige saamkuier en ‘n dans gepaardgaan, met ‘n ete vanuit die boonste rakke en Jan Lourens wat die Musiekfabriek byna laat “oorwerk” het. Daar is jaarliks ook enkele ander trofee-wenners. Lorraine Fourie (sekretaris) is vir haar onbaatsugtige werk met die Raymond Rabe Voorsit-terstrofee vir Verdienstelikheid beloon. Lede John en Tollie Thompson is vereer as die paartjie met die beste sosiale bydrae tydens funksies. Herman Taljaardt het ‘n bottel whisky ontvang vir sy gereelde instaan in die kroeg tydens die kroegman se afwesigheid, met sy eggenote, Maureen, wat blomme ontvang het. Dan is daar ook uitgesien na die trekking van lootjies wat gedurende die jaar vir ‘n yslike 5ltr bottel rooiwyn verkoop is.

Roza Rabe was die wenner, maar het die bottel teruggeskenk om opgeveil te word. Ben Uys het as afslaer opgetree en die bod is op Leon Engkle vir R2,000 toegeslaan. Die bottel was ‘n aanvanklike geskenk deur Johan En Suzette Wiese wat dit sowat 10 jaar gelede by ‘n vriend in Stellenbosch gekry het.

Die klub se Algemene Jaarvergadering is die voorafgaande aand gehou, met die bestuur wat bykans onveranderd gebly het: Philip Fourie (voorsitter), Manie van Dyk (ondervoorsitter), Lorraine Fourie (sekretaris), Johan Wiese (tesourier/kroeg), Jean Downing (veiligheidsbeampte/wedstrydsekretaris), Hardus Botha (skakelbeampte/Redakteur Die Tekkel-Boks) en Steve Muller (instandhoudingsbeampte).

Die eerste boothengelkompetisie vir 2016 vind reeds op Saterdag, 5 Desember 2015 plaas en Jean Downing kan vir navrae by 076-840-3393 geskakel word. (Foto’s: Anita Botha, Thys Fourie en Herman Taljaardt)

Hardus Botha

Birkenheaders prestige afsluiting

Hardus Botha

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant