Gansbaai Courant

Blog: DA Jaarafsluitingsfunksie

Published: 03 December 2015
By:Hardus Botha

Die plaaslike DA-tak (Wyk 2) het op 16 November ‘n takvergadering gehou, wat saamgeval het met hul jaarafsluitingsfunksie. Rdl Riana de Coning, takvoorsitter het tydens haar spreekbeurt lede van die publiek genooi om by die tak aan te sluit.  

“Kostes beloop slegs R10 per jaar en ons Algemene Jaarvergadering sal vroeg in die nuwe jaar plaasvind,” het sy gesê. “Hierdie datum sal in die media geadverteer word en individue sal ook per e-pos in kennis gestel word.” Rdl Dudley Coetzee van Wyk 11, Pearly Beach, wat ook die voorsitter van die Overstrand Kiesafdeling is, het tydens sy spreekbeurt die belangrikheid van elke stem in die komende verkiesing beklemtoon. “Hy het ook verduidelik hoe die berekeninge gemaak word om die proporsionele raadslede aan te stel,” het Riana gesê.

“Elke kieser se stem tel eintlik dubbel aangesien daar vir die kandidaat wat staan gestem word, asook vir die party waaruit die proporsionele raadslede aangestel moet word.” Sy het gesê uit die totale aantal stemme wat ‘n party in die Overstrand kry, word die proporsionele raadslede dan aangestel volgens ‘n formule wat bepaal hoeveel daar aangestel kan word. 

“Voorts stem kiesers ook op ‘n derde stembrief vir die party wat die Overberg Distrik moet verteenwoordig en sal ‘n wegblystem dus ‘n stem vir die opposisie wees.”

Daarna het dr Michael Cardo, die DA se Adjunk skadu-minister in die presidensie, aan die woord gekom en die DA se visie vir Suid-Afrika aan die toehoorders toegelig. “Die DA se visie sluit die grondbeginsels van vryheid, regverdigheid en geleenthede vir almal in,” het hy gesê. “Die DA glo dat elke  individu gebruik moet maak van die toenemende hoeveelheid beskikbare geleenthede en om met harde werk sodoende ‘n beter SA te skep, met ‘n DA beheerde regering wat deursigtig, verantwoordbaar en vry van korrupsie sal wees.”

Enige navrae kan aan rdl Riana de Coning by 083-597-2781 gerig word. Die aand is afgesluit met ‘n smaaklike ete en gesellige saamkuier.

(Foto: Anita Botha)

Hardus Botha

Recent Posts

Lojale SAPD-lid se s...
Published: 18 August 2017
By: Gansbaai Courant

Polisiemanne is verslae na die skielike dood van &...

Meester-skrywers
Published: 18 August 2017
By: Gansbaai Courant

Gansbaai se twee getoë Strandvelders en ook k...

Vermiste op see stee...
Published: 18 August 2017
By: Gansbaai Courant

 ‘n Man, vermoedelik van Mosselbaai, wa...

Vyf droom... en een ...
Published: 18 August 2017
By: Gansbaai Courant

Vyf finaliste het oor ‘n splinternuwe motor ...