Skelm teer sy pad terug selle toe
‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...
Namens die Raad, personeel en pasiënte van Overstrand Hospice, ons opregte dank en waardering aan die borge, individue en besighede in die gemeenskap wat die Pearly Beach skaaplotery ondersteun het. Danksy u bydrae en ondersteuning is ‘n ongelooflike bedrag van R7000 ingesamel.
Overstrand Hospice verskaf palliatiewe sorg aan pasiënte en hul families, wat strek oor ‘n area van 150km vanaf Pearly Beach tot Rooi Els.
Die gemiddelde koste van versorging per pasiënt beloop tans R15 000 en hierdie diens word gratis aan die gemeenskap verskaf. Tans versorg en ondersteun Overstrand Hospice 78 pasiënte en hul families.
Dit is slegs moontlik met die bydraes en ongelooflike ondersteuning van die Overstrandgemeenskap, asook die talle vrywilligers wat onbaatsugtig hul tyd en dienste beskikbaar stel. ‘n Spesiale dank ook aan die organiseerder, Coenie Fourie. Die gelukkige wenners van die trekking is: Eerste Prys (Skaap geborg deur Johan van Dyk): Suené Claassen. Tweede Prys (Hoender geskenk deur Kekkel & Kraai): Jan Beukes. Derde Prys (Geborg deur Pearly Beach winkel): Chris Keyser.
Suzette Botha
Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read More‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...
Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.
‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...
Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...
39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.
Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...