Stanford se gesamentlike Kerssangdiens

Stanford se gesamentlike Kerssangdiens

Gansbaai Courant

Dit was ‘n gewyde en suksesvolle Kerssangdiens in die kerkgebou van Stanford se NG-gemeente onder leiding van ds Neil Ollewagen, self ‘n uitstekende sanger, van die gemeente. Die teenwoordigheid van verskeie denominasies tydens die diens het verdere gewydheid tot gevolg gehad. Ds Ollewagen het die verrigtinge geopen, waarna ‘n goed uitgewerkte program gevolg is. Hy het die voorlesings met tussenposes hanteer, met pragtige tussenin sangitems deur die gemeente en orkeslede, met ‘n volledige orkes wat voor die kansel stelling ingeneem het. Enkele solo-sangitems is ook aangebied, asook koorsang deur Stanford se VGK-gemeente en ‘n groot groep leerders van Laerskool Okkie Smuts se koshuisleerders. ‘n Jonge dametjie het op die galery vir ‘n pragtige blokfluit-item gesorg. Die kanselversiering het verdere en gepaste luister aan die byeenkoms verleen. Na afloop van die samesang het ds Ollewagen almal na die saal uitgenooi om daar verversings te gaan geniet en hy het dit met die volgende mooi en gepaste woorde gedoen: “Ons beskou dit as ‘n voortsetting van ons fellowship as gelowiges bymekaar.” Stanford NG-gemeente is vir etlike jare bekend vir hulle jaarlikse Fynbosuitstalling in die kerkgebou. Vroeër vanjaar se tema was “Wonderwerke van Jesus”, waartydens die wonderwerke van Jesus van links na regs rondom en aan die binnekant van die kerk met fynbos, versierings en dies meer uitgebeeld is - ‘n verruklike gesig om jaarliks te aanskou. Tydens genoemde Fynbosuitstalling het ds Ollewagen ook ‘n Interkerklike “Prys- en Aanbiddingsdiens” aangebied wat ook deur ‘n verskeidenheid van verskillende denominasies bygewoon is.

Hardus Botha

Stanford se gesamentlike Kerssangdiens

Hardus Botha

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant