Laaste klink van glasies

Laaste klink van glasies

Gansbaai Courant

Dit was die laaste gesamentlike “klink van glasies” vir Gansbaai Wynproegilde vir 2015.

Die gilde het onlangs hul jaarafsluitings-funksie aan huis van Amanda de Vries gehou. Voorsitter Theuns Roodman het die verwelkoming behartig, met Daan Oosthuizen wat met gebed geopen het. Daan het ook die gilde se Finansiële Jaarstate vir bespreking deur die lede voorgehou. Die lede het hul tevredenheid uitgespreek, met waardering teenoor Daan.

Amanda de Vries is ook bedank vir haar volgehoue tref van reëlings vir elke byeenkoms.

Die gilde se jaargelde is onveranderd gelaat, naamlik R350/jaar en R700/jaar vir pare.

Ete-kostes vir 2016 bly ook onveranderd, naamlik R120/lid, met gaste wat R50 adissioneel vir die wynproe betaal.

Die 2015 bestuur is onbestrede vir 2016 herkies: Theuns Roodman (voorsitter), Amanda de Vries (organiseerder/admini-strasie), Daan Oosthuizen (tesourier), Hardus Botha (media) en Steve Donnely (lid).

“Die 2016-program sal vroeg in die jaar aan lede gestuur word, terwyl kennis nou reeds van Maartmaand se toer in die Robbertson-omgewing geneem kan word,” het Theuns gesê.

Daarna het die gesellige afsluiting van ‘n genotvolle 2015 begin, met Mornay en Charmain Fourie van Red Peper Catering wat vir ‘n smaaklike afsluitingsete verant-woordelik was: swartmossel sop, ‘n groot verskeidenheid van vingerete-borde (te veel om te kon opeet) en smaaklike nagereg. 

 ‘n Gelukstrekking is gehou en Tersia Coetzee het die gelukkige eienaar van 2 bottels wyn geword. Gansbaai Wynproegilde is op Dinsdag, 11 November 2008, sowat 7 jaar gelede deur wyle Helmie de Vries van Franskraal gestig en het oor die jare heen van krag tot krag gegroei. Helmie was ‘n afgetrede Algemene Bestuurder van Koelenhof Wynkelder, ‘n familieplaas net buite Stellenbosch en is op 16 Julie 2014 oorlede. 

Hardus Botha

Laaste klink van glasies

Hardus Botha

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant