OVERSTRAND MUNISIPALITEIT / MUNICIPALITY - GANSBAAI

OVERSTRAND MUNISIPALITEIT / MUNICIPALITY - GANSBAAI

Gansbaai Courant

Word Of Welcome

Gansbaai, the Best Responsible Tourism Destination in the World (2015), bids you welcome.  We wish to invite you to enjoy our prestine natural environment and wonderful attractions as a unique holiday destination.  Die vertroue word uitgespreek dat u ‘n onvergeetlike ervaring gedurende u vakansie verblyf sal hê en dat u ‘n waardevolle bydrae sal lewer in ons strewe om ‘n Sentrum van Uitnemendheid vir ons inwoners en besoekers te wees en om doelgerig te verseker dat ons die uitsonderlike natuurlike omgewing vir ons nageslagte bewaar.

Allow me the opportunity to thank our local residents of the Overstrand area for their contribution to the following achievements of which we are extremely proud of:

 

· Gansbaai Tourism was awarded the title of being the Best Reponsible Tourism Destination in the World during the award ceremony held in London during November 2015 after they’ve also won the Gold Medal at the African competition held during April 2015.  Enterprises like the Grootbos Foundation and Marine Dynamics who won gold medals at the African Competition, played a significant role in achieving this award.  The judges have recognised Gansbaai for the co-operation shown between various different businesses, both with each other and with the local authorities to make Gansbaai a better place to live.

· Basic Service Delivery Performance Highlights

 · Overstrand Municipality obtained Blue Drop status for all nine (9) water treatment plants (100% compliance with the national standards set for potable water).

· Overstrand Municipality obtained Green Drop status for all five (5) waste water treatment works (94% compliance with the national standards set for waste water treatment).  Please consult our website for full detail.

· Road Infrastructure - A total length of 21.2 km of tar roads were recealed. 

· Greenest Municipality Awards - Overstrand Municipality won first price in the Western Cape in respect of Waste Management as well as the Biodiversity and Coastal Management categories.

· Sound Financial Management - Overstrand prides itself on obtaining clean audits for two (2) consecutive financial years and is expecting a third clean audit report from the Auditor-General in respect of the latest audit completed by them at the end of November 2015.

· Beaches - Three bathing beaches were awarded Blue Flag Status, namely Kleinmond, Hawston and Grotto (Hermanus).  Grotto Beach was one of only two beaches in the country who managed to be awarded this status for fifteen (15) consecutive years.

· Environmental Awards - Special Recognition of the Working for Water ABET programme with a 100% pass rate.

· Biblioteekdienste - Beste groot openbare biblioteek - Hermanus.  Beste medium grootte biblioteek - Gansbaai (Finalis).

· Fire Brigade Services - Community Awareness and Beyond the Call of Duty Performance.

 

Spesiale Reëlings ten opsigte van Munisipale Dienste gedurende die Vakansieseisoen:

 

Vullisverwydering (14 Desember 2015 - 8 Januarie 2016)

Weeklikse verwydering van huishoudelike vullis wat in vullissakke uitgeplaas is volgens die onderstaande program:

 

Maandae: Sakekern & Woonwapark                          Donderdae: Sakekern & Woonwapark

                  Buffeljachtsbaai                                                               Kleinbaai/Klipfonteyn

                  Pearly Beach/Eluxolweni                                                 Duikersfontein

Dinsdae:  Sakekern & Woonwapark                                                Baardskeerdersbos

                  De Kelders                                                 Vrydae :      Sakekern & Woonwapark

                  Beverly Hills                                                                    Masakhane

                 Masakhane                                                                      Gansbaai/Perlemoenbaai

Woensdae: Sakekern & Woonwapark                                           Blompark/Beverley Hills

                     Industriële Gebied

                     Franskraal                        

The lack of proper handling of garbage bags is a major cause of littering and it is consequently contributing to the environmental degradation in our area.  Black bags left unattended to on sidewalks, are often torn open by dogs, cats and even humans in search of food, resulting in a serious litter problem.

PLEASE!!! - Do not leave your household garbage bag on the sidewalk overnight or on non-collection days.  Ask your neighbour/friend to put your bag out, should you leave your house before collection day.  Do not deposit loose items (boxes, paper, plastic, bottles, etc) or plastic shopping bags with litter on the sidewalk.  Do not throw your garbage (bag) into the nearest bush.  Facilities were created at the main entrance of the Gansbaai landfill site where domestic refuse could be deposited after hours.  Take your garbage with you if there is no other alternative.  Care for your environment by picking up plastic, paper, bottles, etc in your area.  Various programmes for recycling already exist.  Transparent bags will be made available on your request for recycable material.  Please assist us to remain the cleanest area in the country.

 

Potable/Drinking Water

No water restrictions apply.  Water is however a scarce commodity and usage of it for irrigation purposes, washing of cars and vessels and even surfaced areas, is discouraged.  Please be aware that the water tariffs (calculated on a sliding scale for water consumption of more than 18 kl per month), is determined by much higher rates.

 

Riool Tenker Dienste

Alhoewel die diens gedurende piek vakansietye geweldig onder druk geplaas word, is die verwagting daar dat daar voldoende kapasiteit sal wees om aan die vraag te voorsien.  Die mikpunt is om alle aansoeke op ‘n daaglikse basis af te handel sodat daar nie agterstande opgebou word nie - Alle aansoeke wat dus daagliks tussen die ure 08:00 en 15:00 ontvang is, sal gediens word teen die gewone tarief.  Aansoeke kan telefonies gerig word deur die volgende telefoonnommers te skakel - (028) 384 8367, (028) 384 8328 of (028) 384 8300.  Na-ure versoeke moet gerig word aan die nooddienste by telefoonnommers (028) 313 8000 of (028)313 8111.  Geliewe daarop te let dat laasgenoemde versoeke gediens word teen dubbeld die normale tarief wat vir die diens goedgekeur is.  Die munisipaliteit sal poog om die tye waarop riool tenker dienste gelewer sal word, te beperk tot 06:00 - 22:00 daagliks.  Neem asseblief kennis dat u verantwoordelik gehou sal word vir die betaling van die uitroepfooie in gevalle waar u die diens aangevra het en later besluit om die aansoek te kanselleer nadat die diensvoertuig op die aansoek reageer het.

 Vandalisme

Hierdie euwel veroorsaak jaarliks dat belastingbetalers duisende rande moet opdok om  skades wat deur vandale aangerig word, te herstel.  Die munisipaliteit laat geen steen onaangeraak om boosdoeners aan die pen te laat ry nie. Dit is veral verkeerstekens, straatligte en gemeenskapsfasiliteite wat deurloop.  U sal besef dat hierdie kommoditeite belangrik is in die gebied en u word versoek om die munisipaliteit behulpsaam te wees om die euwel uit te roei en om ‘n gesonde kultuur te vestig.  Die identiteit van enige persoon wat die voorval aanmeld, word ten alle koste met die nodige vertroulikheid hanteer.

 

Wetsgehoorsaamheid

Die munisipaliteit het begrip dat vakansiegangers wat deur die loop van die jaar gebuk gaan onder ‘n gestruktureerde lewenswyse meestal ‘n behoefte het om met vakansietyd ‘n sorgelose en kommervrye daaglikse program te volg.  Die ondervinding is dan ook dat alles anders gedoen moet word as wat die gewoonte deur die loop van die jaar was.  So byvoorbeeld word verkeersreëls verontagsaam wat tot gevolg het dat daar teen diesulke oortreders opgetree moet word.  Die logiese gevolg is dat die wetstoepassingsbeamptes wat daar is vir die veiligheid van alle padgebruikers dikwels vir die onaangenaamheid verantwoordelik gehou word en boonop moet deurloop onder beledigings en skeltaal.  Om u besoek ‘n aangename en onvergeetlike ervaring te maak, word u vriendelik versoek om u volle samewerking te gee.  Die kapasiteit van die plaaslike wetstoepassingsafdeling is op ‘n tydelike basis aansienlik uitgebrei om selfs na-ure beskikbaar te wees.  U behoort in u eie belang te let op die volgende:

 

· Sorg dat u die verkeersreëls te alle tye eerbiedig.

· Maak seker dat u voertuig padwaardig en gelisensieerd is.

· Verseker dat ‘n geldige lisensieskyfie van u voertuig behoorlik vertoon word.

· Weerhou u daarvan om toe te laat dat voertuie bestuur word deur tieners wat nie oor ‘n geldige rybewys beskik nie.

· Sorg dat u rybewys in u besit is wanneer u ‘n voertuig bestuur.

· Gebruik u veiligheidsgordel.

· Moenie passasiers op onbehoorlike wyse vervoer nie.

· Eerbiedig die reëls soos neergelê deur die Padverkeerswetgewing.

· Moenie u selfoon gebruik terwyl u bestuur nie.

· Moenie u eie pret bederf nie.

 

Launching of Boats in the Gansbaai Area

The launching of vessels is regulated by legislation earmarked to protect the environment.  The regulations pertaining to the control of use of vehicles in the coastal zone dated 21 December 2001 prohibit unauthorised access of vehicles to beaches.  The necessary approval to use the Kleinbaai Slipway, Blou Sloep at Franskraal, Bluewater Bay at Pearly Beach and the Buffeljachts launching site as registered boat-launching sites, was obtained.  Together with the facilities in the Gansbaai Harbour area, these are therefore the only registered launching sites in the Gansbaai Area.

 

Algemene Jaarvergaderings van Belastingbetalers- en Inwonersverenigings

 

 Belastingbetalers- en Inwonersvereniging DE KELDERS Ratepayers’ and Residents’ Association

Vrydag, 18 Desember 2015 om 10:00 –

Raadsaal, Munisipale Kantore, Gansbaai

Friday, 18 December 2015 at 10:00 –

Council Chambers, Municipal Offices, Gansbaai

 

Belastingbetalersvereniging FRANSKRAAL Ratepayers' Association

Vrydag, 18 Desember 2015 om 10:00 -
Franskraal Rolbalklubsaal

Friday, 18 December 2015 at 10:00 -
Franskraal Bowling Club Hall

 

Belastingbetalers- en Inwonersvereniging PEARLY BEACH Ratepayers’ and Resident’s Association

Dinsdag, 22 Desember 2015 om 10:30 –
Hengelklub, Pearly Beach

Tuesday, 22 December 2015 at 10:30 –
Angling Club, Pearly Beach

 

Belastingbetalers- en Inwonersvereniging KLEINBAAI Ratepayers’ and Residents’ Association

Maandag, 28 Desember 2015 om 16:00 –
Overberg Boot Klub

Monday, 28 December 2015 at 16:00 –
Overberg Boat Club

 

Die AJV's van die Gansbaai Belastingbetalersvereniging en dié van die Baardskeerdersbos Inwonersvereniging is reeds afgehandel.

 

Plot-clearing / Ontbossing van Oorgroeide Erwe

The municipality has been flooded with complaints from residents fearing the risks of runaway fires and the general appearance of undeveloped residential properties in the area.  An average of more than 50 notices are served on a monthly basis on land-owners to clear the properties from alien vegetation.  All residents are therefore again reminded of their responsibility in this regard.  In instances where the municipality is forced to appoint contractors after due process was followed to encourage the owner to clean the plot by him/herself, the costs are inflated substantially.  It will be in everybody's interest if owners accept their responsibility in this regard.  It was decided also to involve the additional court in dealing with offenders in this regard.  The latest policy approved by Council on 26 November 2013 prohibits the utilisation of mechanical devices such as tractor driven mowers ("bossiekappers") and only manually clearing by using hand held devices such as chainsaws and brushcutters are allowed.  Contact details of accredited service providers in this regard are obtainable from the municipality (tel. no. 028 384 8300).

 

Afvuur van Vuurwerke / Brandvoorkoming

Jaarliks veroorsaak die onoordeelkundige afvuur van vuurwerke op veral Oujaarsaand baie ongerief vir mens en dier.  In die geval van die Overstrand gebied gaan ons vanjaar ‘n feesgety tegemoet waar afdwingbare, plaaslike reëls van krag sal wees.  Die afvuur van vuurwerke is slegs toelaatbaar wanneer 'n suksesvolle aansoek tot dien effekte na die Brandweerhoof geloods is.  Verdere inligting in hierdie verband is van die Brandweerhoof verkrygbaar (tel. nr. 028-313 8000 of 028-313 8980). 

Waar gevalle van getraumatiseerde of verlore diere opgemerk word, is u welkom om te skakel met die plaaslike Birkenhead Animal Rescue Centre (BARC) by telefoon 0837423903.

Te danke aan die baie reën wat vroeg vanjaar geval het, is die risiko vir brande besonder hoog weens die welige plantegroei in ons gebied.  Onbeheersde brande kan groot skade aan die natuur en private eiendom tot gevolg hê.  Dit sal waardeer word as u die grootste mate van verantwoordelikheid in hierdie verband sal handhaaf. 

Vuurwerke mag op oujaarsaand (31 Desember) vanaf 22:00 – 01:00 afgevuur word by die volgende plekke:
Uilenkraalsmond en Stanfordsbaai (De Kelders) strandgebiede.  Neem asseblief kennis dat vuurwerke nie aan minderjariges verkoop of sonder behoorlike toesig van volwassenes, gebruik mag word nie. 

 

Ondersteuning aan Minderbevoorregtes

Dit is gedurende hierdie tyd van die jaar dat mense na mekaar moet uitreik en mekaar ondersteun.  Die plaaslike kantoor van die Departement van Maatskaplike dienste (Badisa) het vanjaar in samewerking met die Munisipaliteit Overstrand, die plaaslike kerke en erkende gemeenskapsorganisasies (Share Project) 'n projek bekend as "Sakke vol Liefde" of "Bags of Love" van stapel gestuur om hulpbehoewende gesinne van die dorp gedurende die Kersfeesseisoen te ondersteun met basiese kruideniersware.  Reëlings is met Gansbaai Superspar getref om die aankope van 'n standaard kruidenierspak ("hamper") daar te doen.  Deelnemers aan die projek kan met die betaling van R135.00 by Spar verseker dat minstens een (1) gesin kos op die tafel sal hê op Kersdag.  Die verspreiding van die kospakkies sal deur Maatskaplike Dienste self hanteer word tussen 21 en 23 Desember 2015.  Die lys van behoeftige gesinne wat deur die kerkgemeenskap van Gansbaai in samewerking met Badisa opgestel is, bevat reeds die name van meer as 100 gesinne.  'n Ernstige beroep word gedoen om hierdie verdienstelike projek wat deur die Uitvoerende Burgemeester van die Overstrand onderskryf word, goed te ondersteun.  U ondersteuning en positiewe bydrae is van onskatbare waarde.

 

Roaming Dogs

The Law Enforcement Officers were instructed to act firmly against the owners of dogs causing a nuisance to other people.  The applicable local by-law regulating the keeping of dogs clearly states that no dog will be allowed to be in a public street/open space/beaches without being held at a leash by a responsible person.  Some of the swimming areas were declared out of bounds for dogs.  Proper notices to this effect were installed at the entrances to the respective areas (Uilenkraalsmond, Kleinbaai tidal pool and Stanfordsbay serves as examples).  Spot fines will be issued to offenders.

 

Birkenhead Animal Rescue Centre (BARC)

This non-profit organisation is performing valuable services in the welbeing of animals in Gansbaai.  They are still looking for homes for dogs/cats that were taken off the street from owners who failed to care for them.  Please pay visit to their kennels on the road to the landfill site.  Please also support their shop next to Kekkel & Kraai in the Main Road of Gansbaai.

 

IMPORTANT NOTICE

Emergency Contact Numbers

In case of any emergency, you can phone our 24 hour Control Room at tel. 028-3138111 or 028-3138000.  The Fire Brigade can be called directly at 028 384 8374 or 028 312 2400 and the toll free number for the Ambulance Service is 10177 and Marine and Coastal Management (028 313 2703) and the local SAPS (028 384 0201).

 

SMS Facilities

The more than 24 000 registered sms users in the Overstrand area are pleased and satisfied with the wonderful service they receive from the Overstrand Municipality pertaining to sms messages.  If registered, you will receive "fresh from the oven" news about emergency situations, other useful information and notifications on your mobile phone.  Please encourage your neighbour and friends by sharing your experience of this service with them.  You can register by phoning 028 -3848300 for information in this regard.

 

Misdaad – Tien wenke om misdaad te bekamp

1. Sorg dat u ten alle tye u deure gesluit hou en u vensters toe maak as u nie tuis is nie.

2. Wees op u hoede van u omgewing, as u van 'n bankoutomaat gebruik maak – moenie gebruik maak van hulp van 'n omstander nie.

3. Hou in gedagte dat die toegelate bloedalkohol inhoud 0,05% is – moenie bestuur as u alkohol gebruik het nie – meer as een bier, of meer as een sopie spiritualieë, kan u reeds in die moeilikheid laat beland.

4. Moenie rylopers oplaai nie.

5. Hou noodnommers byderhand.

6. Moenie u deure vir vreemdelinge oopmaak nie.

7. Moenie waardevolle items binne sig in u motor los nie (al is die deure gesluit).  Plaas dit in die bagasiebak van u motor.

8. Sluit ten alle tye u motor as u dit parkeer.

9. Rapporteer die bewegings van verdagte persone aan die polisie.

10. Onthou die gebruik van dwelms, besit van perlemoen en die vang van vis of kreef sonder 'n lisensie, is 'n oortreding.  Die polisie handhaaf 'n beleid van "geen genade" vir hierdie tipe oortredings.

 

Dit blyk dat misdadigers veral toeslaan op eiendom waar vriende en familie gesellig saam verkeer en minder bedag is op die risiko van inbrake.  Wees maar ekstra versigtig om kosbare besittings in u voertuig te laat. 

 

Recess and Public Holidays

The municipal council of Overstrand will be in recess for the period 25 November 2015 to 17 January 2016 (both days included).  During the period of recess all urgent matters (emergency situations) will be dealt with by the executive mayor in consultation with the municipal manager.   Municipal  offices of the Overstrand area (including libraries) will close at 13:00 on  Thursday,  24 December 2015  and  Thursday,  31 December 2015 and respectively re-open at 07:45 on Monday, 28 December 2015 and Monday, 4 January 2016.

 

Slotopmerking

 

Na verwagting sal ongeveer 220 000 mense die vakansieseisoen in die Overstrand gebied deurbring en dit is onafwendbaar dat die toedrag vele uitdagings ten opsigte van dienslewering bied.  Daar is hard gewerk om die nodige voorbereidings betyds af te handel en om seisoenale werkers aangestel te kry om die druk te verlig.  Vakansiegangers se samewerking gaan egter nodig wees om te verseker dat die seisoen vir almal genotvol gaan wees en dat die dinge wat waarde tot u vakansie toevoeg vir altyd behoue sal bly.  Alhoewel daar waardering is dat inwoners/vakansiegangers by wyse van geskenke erkenning wil verleen aan goeie dienste deur munisipale werkers, skep dit praktiese probleme en die praktyk word ontmoedig.

Gun my die geleentheid om nogmaals aan u almal 'n baie Geseënde Kersfees en 'n Voorspoedige Nuwejaar toe te wens.  Mag ons nooit die ware betekenis van hierdie heugelike gebeurtenis uit die oog verloor nie - 'n tyd om te gee, 'n tyd om te vergewe en 'n tyd om ons familie en vriende te geniet en te waardeer.

Vriendelike Feesgroete

 

F MYBURGH

MUNISIPALITEIT OVERSTRAND

AREABESTUURDER : GANSBAAI

10 Desember 2015

OVERSTRAND MUNISIPALITEIT / MUNICIPALITY - GANSBAAI

NUUSBRIEF / NEWSLETTER DESEMBER / DECEMBER 2015

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant