Gansbaai Courant

Blog: Kort opsomming van Gansbaai se besonderse streek en sy mense

Published: 30 December 2015
By:Gedenkboek Komitee

Die boek handel grootliks oor die dorp en sy omtes se ontstaansgeskiedenis, maar word afgewissel deur kosbare stories oor die dorp en sy mense.

Daar is ‘n twintigtal hoofstukke wat verskeie aspekte van die geskiedenis aanspreek en wat dan meer formeel aangebied word. Nogtans word dit ‘n aangename leeservaring, want daar is o.a hoofstukke oor Gansbaai in die nuus, staaltjies uit die pen van die gemeenskap, gemeenskaps-organisasies en selfs ‘n paar  gewaarborgde resepte.

Die hoofstukke omsluit baie aspekte van Gansbaai en sy mense: Die vroegste geskiedenis dateer lank voordat die dorp ontstaan het  en later toe Gansbaaiers nog “soos ‘n voël op ‘n tak” onder langs die see gewoon het, die eerste erwe wat bo teen bult uitgemeet is, die ontstaan van die eerste skool, kerk, dorpsbestuur tot ‘n volwaardige munisipaliteit. Gansbaai het ‘n baie interessante geskiedenis in die opsig dat die skool voor die dorp ontstaan het. Mense wat diep spore in die dorpsgeskiedenis getrap het soos Jan Barnard, Paul Zietsman en Willie Swart. Die visbedryf word behoorlik omskryf, plase wat uit die agtiende eeu dateer, Dyerseiland en sy robslaners, walvisse, haaie, pikkewyne, fynbos tot toerisme wat terugdateer vanaf Lady Anne Barnard se besoek in 1798 aan De Kelders tot Gansbaai se se goue toekenning as die wêreld se Mees Verantwoordelike Toerisme Bestemming in 2015.

 Om die boek in ‘n paar woorde te omskryf, is ‘n bykans onmoontlike taak. Om dit saam te stel, was  selfs vir die samestellers ‘n voorreg en ontdekkingsreis. Jan en SD Fourie  het reeds die afgelope 53 jaar ‘n groot gedeelte van die geskiedenis beleef.

Besoek ook www.xplorio.com/gansbaai vir meer inligting.

Gedenkboek Komitee

Recent Posts

Lojale SAPD-lid se s...
Published: 18 August 2017
By: Gansbaai Courant

Polisiemanne is verslae na die skielike dood van &...

Meester-skrywers
Published: 18 August 2017
By: Gansbaai Courant

Gansbaai se twee getoë Strandvelders en ook k...

Vermiste op see stee...
Published: 18 August 2017
By: Gansbaai Courant

 ‘n Man, vermoedelik van Mosselbaai, wa...

Vyf droom... en een ...
Published: 18 August 2017
By: Gansbaai Courant

Vyf finaliste het oor ‘n splinternuwe motor ...