Stranddiensspan is Tops

Stranddiensspan is Tops

Gansbaai Courant

Die Stranddiensspan wat jaarliks ‘n groot verskeidenheid van aktiwiteite te Uilenkraalsmond Vakansie-oord aanbied, kan met reg as “Tops” beskryf word. Vanjaar het hulle weer eens ‘n vol program vanaf 14 - 31 Desember 2015 aangebied, waarna hulle op 2 Januarie 2016 vanaf 11:00-11:30 sal groet voordat hulle weer na hul onderskeie bestemmings vertrek. Aktiwiteite vir die jongmense soos speletjies, koffiekroeë, poppekasvertonings, strandkasteelkompetisie, boeresport, die aanwys van Mnr en Mej Uilkraal en veel meer, te veel om op te noem, is aangebied. Tydens die NG-gemeente se Kersdiens het hulle, ongeag dat Kersdag hul afdag was, ingestem om vir die klank by die Uile Kroeg in te staan. Richard Mouton en Henko van Zyl het vroegoggend reeds alles in gereedheid gebring en na afloop van die twee dienste weer hul toerusting gaan haal.

Tydens hierdie diens het Pieter van der Merwe, musiekdosent van Kleinbaai vrywillig ingewillig om die klawerbord te speel, met Jason Blunden en Lezelle Jacobs van die Uile Kroeg wat goedgunstiglik die saal beskikbaargestel het en stoele uitgepak het. Dan het die Stranddienstespan se Potjiekos Kompetisie ook suksesvol verloop. Die kompetisie is by Uilenkraalsmond aangebied, waar hierdie jaarlikse gedugte span hul verskeidenheid van aktiwiteite aanbied. Die wenners was Handri en Renata, met Sylvana Janse van Rensburg in die 2de plek en die Duppies in die 3de plek. Bravo aan die Stranddienstespan onder leiding van Günther Hüsselmann en bygestaan deur Shirné Nel en Henro Vorster. Julle sal altyd meer as welkom hier wees!

Hardus Botha

Stranddiensspan is Tops

Hardus Botha

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant