Pearly Beach Posbusse

Pearly Beach Posbusse

Gansbaai Courant

Inwoners (posbus-gebruikers) van Pearly Beach het die haglike toestande van die posbusse aldaar onder Gansbaai Courant se aandag gebring. “Ek sou verkies om my posbus in Gansbaai te hernu, maar nou word dit verbied,” het ‘n ontstoke inwoner gesê. “Aanvanklik was die verskuiwing van posadresse na Pearly Beach vrywillig, maar met ingang van 2016 is dit verpligtend.” Sy het ook gesê die aanvanklike jaarlikse fooi sou R30 bly, maar dit is verhoog na R50 per jaar. “En nou sit ons met uitmekaar-gevalde posbusse wat absoluut geen privaatheid vir ons pos bied nie.” Die deure wat nie van die raamwerk afgeval het nie, hang oop en die posbusse sit soos gapende wonde met posstukke daarin. Navrae deur Gansbaai Courant het daarop gedui dat die bestaande deure nie meer reggemaak kan word nie en ook nie meer vervaardig word nie. Die posbusse is nie die verantwoordelikheid van Gansbaai Poskantoor nie, maar dié van Hermanus Poskantoor. Mnr Rabe, Voorraadmagasynbestuurder: Hermanus Poskantoor het vriendelik Gansbaai Courant se vrae beantwoord. “Ons is bewus van die dilemma met Pearly Beach se posbusse,” het hy gesê. “Dit is so dat die posbusse en deure nie herstel kan word nie en die lang tydperk wat verloop het om aandag daaraan te skenk is hoofsaaklik te wyte aan die reeds bekende probleme waardeur die Poswese in geheel beweeg het. Die aanstelling van ‘n nuwe CEO het sake egter verbeter.” Mnr Rabe het die versekering gegee dat die proses om die posbusse met nuwes te vervang reeds in werking gestel is.

Dit blyk dus dat die inwoners van Pearly Beach vir tyd en wyl nog geduldig sal moet wag.

Hardus Botha

Pearly Beach Posbusse

Hardus Botha

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant