VELDBRANDE eis sy TOL

VELDBRANDE eis sy TOL

Gansbaai Courant

Voortdurende veldbrande wat sedert Nuwejaarsdag in die Overstrand gebied woed, is besig om alle hulpbronne uit te put. 

Brandweerpersoneel en toerusting word totaal oorbenut en vindingryke beplanning is nodig om die eiendom en lewens van inwoners van die gebied te beskerm.  Minstens vier (4) brande het Maandag gelyktydig in die Overstrand gebied gewoed.

Die brand in Pearly Beach wat ernstige bedreigings vir die woongebied en verskeie strukture in die aangrensende plaasgronde ingehou het, het vinnig versprei en kon gelukkig met die hulp van die heersende suidoostewind, helikopters en grondspanne van die Overstrand Brandweerdiens en Walkerbay Working for Fire, asook vrywilligers uit die boerderygemeenskap onder beheer gebring word.

Die ondersteuning wat die brandweerdienste uit die Gansbaai gemeenskap ontvang het, is prysenswaardig.  Die boere het nie geskroom om hul eie voertuie en lewens te waag om die vuur te bestry nie.  Hulle het die kostes daaraan verbonde self gedra.  Die oordbestuurder van die Uilenkraalsmond Vakansie-oord het sy kantoorgeriewe beskikbaar gestel om as ‘n gesamentlike noodbeheersentrum ingerig te word.  Die operasionele beplanning van die operasie en die monitering van die afgebrande gebied is vanuit hierdie sentrum op ‘n 24uur basis behartig.

Die sakegemeenskap van Gansbaai het ook toegetree om die behoeftes van brandweerpersoneel te bevredig en die bydraes wat op kort kennisgewing deur instansies soos Gansbaai Superspar (De Wet van Niekerk) en die Superette by Pearly Beach (Sandra Prinsloo) gemaak is, verdien spesiale vermelding.  Hierbenewens het tientalle weldoeners in hul individuele hoedanigheid skenkings gemaak van eet en drinkgoed wat deur die brandweerpersoneel gebruik is.  Sonder hierdie ondersteuning sou die brandweermanne eenvoudig nie effektief kon funksioneer nie.  Hierdie bydraes is deur raadslede Riana de Coning en Dudley Coetzee in samewerking met die Areabestuurder, Francois (Kat) Myburgh en me Anjé Badenhorst gekoördineer en versprei.  Die koördineerders wens hiermee hul opregte dank en waardering uit te spreek teenoor almal wat ‘n bydrae (hoe groot of gering ookal) gemaak het om die brandweerdiens te ondersteun.  Om weldoeners by die naam te noem is ongelukkig nie moontlik nie, aangesien daar selfs bydraes van naamlose mense ingestroom het.

Alhoewel ‘n gemeubileerde woonhuis in die brand in die Pearly Beach omgewing total vernietig is, het die brandweerdiens met die middele tot hul beskikking daarin kon slaag om minstens vier (4) wonings van vernietiging te red en daarvoor is die eienaars en die inwoners van die groter Gansbaai gebied oneindig dankbaar teenoor die brandweerdiens.

Gansbaai is baie trots en Salueer Julle!

Kat Myburgh

(Foto's: Monica Hayes)

VELDBRANDE eis sy TOL

Kat Myburgh

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant