James Roux se dood 'n skok

James Roux se dood 'n skok

Gansbaai Courant

‘n Bekende eiendomsagent James Roux van Gansbaai en eienaar van James Roux Properties, is Maandag 3 Julie onverwags in die Hermanus MediClinic oorlede.

James (75) se dood was ‘n groot skok vir sy familie en vriende nadat hy  na slegs 1 nag in die hospitaal oorlede is.

James wat op 30 Augustus 1942 gebore is, was as jong man avontuurlustig en het sy drome nagejaag.

Na sy militêre opleiding in die Vloot Gimnasium, het hy Europa en ander wêrelddele met ‘n motorfiets “platgery” en selfs restaurante bestuur.

“Na hierdie avonture het James hom in Suid-Afrika kom vestig en dadelik die eiendoms- en ontwikkelingsmark saam met ‘n vriend betree,” vertel sy stiefseun, Leon Crafford. “In 1994, sowat 23 jaar gelede, het hy James Roux Properties in Gansbaai gevestig.”

James laat sy vrou Margie (68), Leon en Malinda Crafford, asook 5 kleinkinders na. 

“James het ‘n goeie lewe gelei en sy dood laat ‘n groot leemte by ons agter,” het Leon gesê.

Jan Lotz, ook ‘n bekende eiendomsagent in Gansbaai, vertel dat hy sowat 6 jaar vir James gewerk het. Hy het James as ‘n goeie en betroubare persoon, op wie almal kon staatmaak, opgesom en gemeld dat James oor deeglike opleiding en bekwaamheid in sy lewensberoep as eiendomsagent beskik het.

Leon Crafford het die versekering gegee dat die eiendomsbesigheid, James Roux Properties, nog baie jare onder dieselfde naam  sal voortbestaan. Die besigheid sal deur homself en sy ma bedryf word en sal beslis nie uit die eiendomsmark verdwyn nie.

James Roux se dood 'n skok

Gansbaai Courant

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant