Hulle stap vir verlore engeltjies

Hulle stap vir verlore engeltjies

Gansbaai Courant

Twee ware Dapper Stappers, Tommy Beeslaar (48) en Carmen Mitchell (34), is onlangs in die Stanford-omgewing teëgekom. Diè twee is besig met ‘n staptog vanaf Somerset-Wes tot by Agulhas (sowat 198km) ten bate van Heaven’s Missing Angels, ‘n tuiste vir minderbevoorregte kinders in Uitenhage.

Hulle het Saterdag, 14 Julie 2017 in Somerset-Wes met hul staptog van sowat 14 dae na Agulhas begin en het Donderdag, 20 Julie in Gansbaai aangekom.

Tommy het reeds sowat 6 jaar gelede met staptogte ten bate van liefdadigheid begin en sê hy stap gemiddeld sowat 7 000km per jaar.

“Hierdie is Carmen se eerste staptog. Ons het vooraf elke dag tussen 15km en 20km gestap vir haar om te oefen,” vertel Tommy. “Dit was duidelik dat sy fiks genoeg is, maar toe ons Sir Lowrypas, met ‘n sterk wind van voor, uitgestap het, was dit vir ons altwee baie moeilik.”

Hy sê hulle het net betyds by Botrivier uitgekom voordat ‘n hewige haelbui uitgesak het.

Die twee stap elk met ‘n gholfwaentjie, aangesien dit makliker vir hulle is om die gewig van 40kg en 60kg te trek as om dit op die rug te dra. Tommy doen self hulle bemarking. Sonder enige vooraf beplanning en in elke dorp word hulle tegemoet gekom met oornaggeriewe.

In Gansbaai het hulle by Naomi Nell se gastehuis in Kleinbaai gratis verblyf gekry, asook by Otto en Gina Boysen van Haus Giotto Gastehuis en The Farmlady’s Shed het hulle toegerus vir die dag se stap met ‘n gratis ontbyt.

In elke dorp waar hulle aandoen, probeer hulle skakel met niewinsgewende organisasies. Tommy lewer dan motiveringspraatjies oor onder andere gebroke huwelike en Carmen oor dwelmmisbruik.

Weens die skoolvakansie het Gansbaai Courant hulle na past Frikkie Zeelie verwys, maar hulle kon ongelukkig nie met bestuurslede van ander organisasies in aanraking kom nie.

“Sodra ons terug is, gaan ek ‘n paar dae rus en dan pak ek my volgende staptog ten bate van ‘Walking with Wounded Children’ aan,” het Tommy gesê.

Tommy is goed bekend met Gansbaai, aangesien hy so-wat 5 jaar gelede ‘n verfwinkel, Wonder Coat Paints hier bedryf het, wat hy later na Grabouw verskuif het.

Heavens Missing Angels se NPO-nommer is 134981 en die bankbesonderhede vir donasies is: Capitec bank; Takkode 470010; Rekeningnaam Tommy Beeslaar; Rekeningnommer 137 436 4825.

Hulle stap vir verlore engeltjies

Gansbaai Courant

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant