Meester-skrywers

Meester-skrywers

Gansbaai Courant

Gansbaai se twee getoë Strandvelders en ook kuratore van die Strandveld Museum in Franskraal, Jan en SD Fourie, het eintlik geen bekendstelling nodig nie.

Afsonderlik en gesamentlik het hulle al vele gepubliseerde (en bekroonde) werke die lig laat sien.

Gerrit Cloete van Franskraal, koerantjoernalis vir bykans 30 jaar, beskryf Jan en SD Fourie as meesters van die vertelkuns in keurige Afrikaans. 

Gesamentlike werke

Die volgende gepubliseerde werke het gesamentlik, hetsy met Jan as medesamesteller of medeskrywer saam met SD, die lig gesien:

Duskant die Duine, Gansbaai Kerkgeskiedenis (1994), Laer-skool Gedenkblad 1906 -2006 (2006), Gansbaai, ‘n besonderse streek en sy mense (2016), Kare Nawa, Namibië (2008), Kers-klokkies oor Branderbaai (2010) en Hans Blits se Snoek en patats en ander Napierstories (2017). 

SD Fourie

Radiodramas en hoorbeelde is SD se geliefkoosde genre waarvoor sy al verskeie pryse ontvang het.

Sy was ook dramaturg van ‘n hele paar bekroonde Laerskool produksies.

Van SD se bekroonde dramas in die RSG/Sanlam Radiokompetisies is: 3de prys vir “Roep van die Potjieriet” (2004), 1ste prys  vir “Droomskip”(2008) as mede-skrywer en titeldraer, 3de prys vir John Birkenhead (2012), asook ‘n hele paar onbekroonde dramas wat wel uitgesaai is.

Sy is ook ‘n ywerige skrywer van rubrieke, kortverhale, kontreikuns, reisverhale en andere in Rooi Rose en Huisgenoot (fiksie), Die Kultuurhistorikus, Buite Burger, Reis Burger,  Overberg Venster en oor ‘n tydperk van 10 jaar het sy ook twee-weeklikse rubrieke vir Gansbaai Courant geskryf.

SD se plaasverhaal in Riana Scheepers se  Die Melkweg het ‘n ster laat val en ‘n kortverhaal, Luitjie se vloek, is in Abraham de Vries se Kontreistories opgeneem.

Dan is daar ook ‘n paar verse  in Die Nuwe Kinderverseboek, saamgestel deur Riana Scheepers en Suzette Kotze-Myburgh, opgeneem.

Die wenverhaal van Reisnet en Litnet vir Wegbreek, Somer op Skipskop, is vanjaar in Kleure van die liefde in Rooi Rose gepubliseer - ‘n bundel met 25 van die beste stories tot nog toe oor ‘n tydperk van 75 jaar. Die bundel  is deur Corlia Fourie saamgestel.

Haar twee romans, Die lantern-swaaier (2011) en Die dooies leef (2014) het ook groot welslae behaal, met eersgenoemde wat in Nederlands na De Lantaarn-zwaaier vertaal is en in Nederland gepubliseer is.

Jan (Pyp) Fourie

Jan Pyp, soos alom bekendstaan, is in vele opsigte SD se regterhand as mede-kurator in Strandveld Museum, asook met navorsingswerk, medeskrywer en medesamesteller van gepubliseerde werke.

Op sy eie het Jan die volgende publikasies die lig laat sien: Wisselstrale oor die Strandveld (1994), Dagbreek oor Dyers-eiland (1997), Strandveldse gisterdinge (2001), Dawn at Dyer (2002) en Vlugroep van die Tawiep (2014).

Jan en SD Fourie, voorwaar twee Strandvelders op wie Gansbaai trots kan wees.                              

Meester-skrywers

Gansbaai Courant

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant