Juwelier beroof

Juwelier beroof

Gansbaai Courant

Met die voorwendsel dat hulle goue juweliersware wil verkoop, het 2 mans Dinsdag, 12 September 2017 toegang verkry tot Gansbaai se juwelierswinkel.

Die eienaar en goudsmid, Johan van Zyl het gesien dat dit nie egte goud is nie en hulle meegedeel dat hy nie belangstel nie.

Hulle het gemaak asof hulle wou uitstap, maar een van die mans het omgedraai, Johan aan sy keel gegryp en gewurg. Die ander man het ‘n vuurwapen in sy sy gedruk.

‘n Derde man het by hulle aangesluit en juweliersware uit die kaste begin stroop.

Twee lede van die publiek het onverwags ingestap. Die rowers het hulle, Johan en sy vrou na die werkskamer gedwing, waar hulle rug teen rug vasgebind is. Die rowers het daarna op die vlug geslaan.

Johan het daarin geslaag om die alarm te geaktiveer en hulp te ontbied. 

Die rowers word beskryf as: een stewig geboude man van sowat 1,7 meter lank. Die ander 2 is skraalgeboude mans. Al drie het donker klere aangehad, waarvan  een ‘n bruinerige baadjie.

Sp.kapt Danie Rautenbach sê dit is nie duidelik of ‘n voertuig op die 3 verdagtes gewag het nie. “Ons het goeie forensiese bewyse gekry wat met die ondersoek sal help,” het hy gesê.

Sp.kapt Rautenbach het dit beklemtoon dat misdaadtonele onaangeraak gelaat moet word om suksesvolle ondersoeke te verseker.

Hy het ook ‘n beroep op eienaars van besighede gedoen om te verseker dat soveel as moontlik veiligheidsmaatreëls getref moet word en dat alarmstelsels en veral kameras in plek moet wees.

Juwelier beroof

Gansbaai Courant

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant