Gansbaai Courant

Derde arrestasie vir ontvoerings

Derde arrestasie vir ontvoerings

Gansbaai Courant

‘n Verdagte van Mitchelsplain is gearresteer nadat die polisie inligting ontvang het dat hy met ‘n voertuig in Gansbaai gesien is. Siyadumisa Tsanga(33) is by ‘n huis in Zalastraat, Masakhane, aangekeer en daar is beslag gelê op ‘n pistool wat in sy naam geregistreer is. Die arrestasie hou verband met ‘n menseroof op 1 Desember in Masakhane. ‘n Man wat om veiligheidsredes nie geïdentifiseer mag word nie, is deur ‘n groep mans ontvoer.

Hy is na bosse naby Pearly Beach geneem en ondervra. Hy is daarvan beskuldig dat hy die groep se perlemoen gesteel het, maar het dit heftig ontken. Volgens hom is hy deur die groep aangerand. Hy wou eers nie ‘n saak teen sy ontvoerders maak nie, maar het dit tog later gedoen. Mwanele Jonase en sy broer Simcela Jonase is as verdagtes gearresteer. Hulle word moontlik ook verbind met die menseroofklagte en moordklagte van Sanele Mtululu(30). Mtululu is op Sondag 6 Desember 2015 deur 2 mans in ‘n silwer Toyota Run x ontvoer. Sy grusaam vermoorde liggaam is die Maandagoggend op die N2 in Sir Lowry’s pas gevind. Hy het skietwonde in sy lyf en verskeie ander beserings gehad nadat ‘n voertuig of voertuie oor hom gery het. Die twee sake word verder ondersoek.  

Francois de Jongh

Derde arrestasie vir ontvoerings

Gansbaai Courant

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant